|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
My Bull terrier het kleintjies gekry, maar haar tepels (veral agter) is hard en rooi.Wat kan ek doen om dit reg te kry? Die kleintjies is almal dood. Dit was haar eerste werpsel en ek kan nie agterkom of dit weens die tekort aan melk is of kon hulle maar net nie die laaste paar dae se koue weerstaan nie. - Louis (lfacoetzee@yahoo.com)
Mastitis en melkkoors
Rooi en harde tepels dui moontlik op mastitis.
Lees meer oor mastitis en melkkoors by dié artikel: Melkkoors by hond
Vrektes van klein hondjies
Vrektes van klein hondjies tot en met speenouderdom wissel tussen 10 tot 30% en meer as 65% van die vrektes kom gewoonlik by geboorte en gedurende die eerste week van die klein hondjies se lewens voor. Gedurende die eerste 2 tot 3 weke van ‘n klein hondjie se lewe, kan hulle nie hul liggaamstemperatuur beheer nie en dit is dus uiters belangrik om die omgewingstemperatuur te beheer.
Tekens van ‘n gesonde klein hondjie:
* Raak aan die slaap nadat hulle gedrink het
* Huil nie vir langer as 10 minute op ‘n slag nie
* Gaap wanneer wakker word
* Het ‘n vol, maar nie opgeblaasde magie nie
* Het ‘n goeie suigaksie
* Het goeie spiertonus-Mangaan ( Mn ) is belangrik
Verwysings:
1. Ettinger S J & Feldman E C. 2000. Textbook of Veterinary Internal Medicine. W.B. Saunders Company, USA
2. BVSc klasnotas
Geskryf deur: Dr. Sunelle Strydom (BVSc)
17 Julie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
ek dink my hond het dit ook ma het nie geld vir veearts nie wat staan mens te doen help asb
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)