|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Kan 'n hond heeltemaal van Akute Pankreatitis herstel? 'n Kenner gee raad.
Vraag:
Ons het 'n Labrador Staffie kruising. So 'n paar maande terug het hy skielik siek geraak. Ons het hom veearts toe geneem en hy is gediagnoseer met akute pankreatitis. Hy is vir 'n ruk op 'n dieet geplaas en daarna is hy terug na sy "eie kos" toe.
Wat ek graag wil weet is of hy regtig 100% kan herstel? Meer inligting oor die siekte by honde sal baie waardeer word. Hoe meer inligting ons kan kry hoe beter sal dit vir ons hond wees. Hoe moet hy eet, wanneer, hoeveel? - Antoinette (antoinette@kouganet.co.za)
Antwoord:
Die pankreas is verantwoordelik vir die vervaardiging van ensieme. Ensieme word benodig vir biochemiese prosesse soos spysvertering in die dier se liggaam. In die spysverteringsproses is die ensieme verantwoordelik daarvoor om die proteïene, koolhidrate, vet en vesel af te breek in kleiner deeltjies wat die liggaam kan gebruik.
Hierdie ensieme wat deur die pankreas vervaardig word, word in die onaktiewe vorm in die pankreas gestoor om te vermy dat die ensieme die dier se eie liggaam aanval. Die ensieme word eers geaktiveer wanneer hulle die dunderm bereik.
Akute pankreatitis is inflammasie van die pankreas wat ewe skielik plaasvind. Die inflammasie lei tot die aktivering van hierdie onaktiewe ensieme in die pankreas en hierdie ensieme veroorsaak selskade in die pankreas. Pankreatitis is 'n onvoorspelbare siekte en selfs met 'n definitiewe diagnose, kan dit moeilik of selfs onmoontlik wees om 'n prognose (te voorspel wat die uitkoms van die siekte gaan wees) te gee.
Ongelukkig kan niemand dus verseker sê of 'n hond wat aan akute pankreatitis gely het ten volle sal herstel nie. Party gevalle herstel, maar kry daarna nog herhaaldelik episodes van akute pankreatitis. Party gevalle mag voorkom asof hulle ten volle herstel het, maar die inflammasie in die pankreas kan nog steeds onderliggend wees alhoewel die dier geen tekens daarvan wys nie.
Indien 'n dier herhaaldelike episodes van akute pankreatitis ervaar, moet die dier lewenslank op 'n lae vet dieet geplaas word.
Geskryf deur: Dr. Sunelle Strydom, Intervet/Schering-Plough Animal Health
5 Junie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24