|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
My worshondteef was die begin van Desember 2011 op hitte. Ek het haar en die reun geskei vir amper ‘n maand lank. Nou in Januarie 2012 blyk dit dat sy weer op hitte is want die reun wil haar nie uitlos nie en wil haar net dek. Na hoeveel maande sal sy weer op hitte wees?
Die kondisie wat u worshondteef ervaar, is heel moontlik verdeelde estrus (“split heat”). Dis ‘n kondisie waar die tekens dat die hond op hitte is, ewe skielik verdwyn net voor ovulasie en weer na 1 tot 10 weke voorkom. Ovulasie vind gewoonlik gedurende die tweede fase plaas. Die kondisie kom algemeen voor in tewe wat die eerste of tweede keer op hitte kom. Behandeling word gewoonlik nie benodig nie. Die tefie kan weer enige iets tussen 4 en 12 maande later op hitte kom. Die gemiddeld is 7 maande.
31 Januarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)