|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Ons Jack Russel is 10 weke oud en sy is besig om al haar hare te verloor. Sy eet Pedigree kos vir klein hondjies. Sy het al haar inentings gekry. Wat kan ek doen?
Haarverlies is net abnormaal as dit gepaard gaan met die ontwikkeling van die gedeeltelike of totale afwesigheid van hare in areas waar dit normaalweg voorkom – ‘n kondisie wat alopesie genoem word. Indien alopesie nie teenwoordig is nie, is dit moontlik net ‘n normale stadium in die vervanging van die haarpels waar die ontwikkeling en groei van ‘n nuwe haar gepaard gaan met die verlies van die ou haar. Deur die hondjie gereeld te borsel sal daar minder hare in die omgewing en op die meubels agterbly.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24