|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Hoeveel oorskietkos kan varke vreet? Kan varkmis skoon gebruik word vir tuine of groentetuine? Ek woon in die Seychelle op 'n private eiland van 210 ha. Hier is 140 werkers en ons het daagliks sowat 1 m3 oorskietkos. Wat maak ons daarmee? Dit kan nie begrawe word nie weens die delikate watertafel en rotte. - Herman van der Schyff (harryvds@mweb.co.za)
Vraag:

Antwoord:
Om varke met oorskietkos te voer, kan baie lonend wees. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die kos nie altyd gebalanseerd is nie.
'n Groeivark eet ongeveer 4 % van sy liggaamsmassa in droë voermassa per dag. So kan ons vir 'n vark wat bv. 20 kg weeg, die volgende uitwerk:
Dit is aan te beveel om 'n klein hoeveelheid van 'n kommersiële groeirantsoen by te voeg om te probeer kompenseer vir tekorte.
Ek sou aanbeveel dat u spekuleer, d.w.s. koop jong varke en verkoop hulle dan as slagvarke.
Die mis kan dan in die tuin gebruik word nadat dit goed gekomposteer is: Gooi op 'n hoop en werk gereeld deur sodat dit goed belug word. Na 6 weke kan die kompos gebruik word.
24 Mei 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24