Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Versorging-van-hondjies-en-katjies

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 03:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Versorging van hondjies en katjies

Ingestuur deur Faffa op 21 Augustus, 2010 - 22:18

Vraag

Ek soek basiese inligting vir die kinders in my klas oor die onderwerp: Hoe sorg ek vir my nuwe klein hondjie of katjie?

Antwoord

Deur: Dr. SUNELLE STRYDOM

Daar is ‘n paar basiese dinge waarvan ‘n diere-eienaar  bewus  moet wees voordat ‘n nuwe hondjie of katjie in die huishouding ingebring word. Dit is die ideale geleentheid om vir die kinders te leer om hulle verantwoordelik teenoor hulle troeteldiere na te kom!

 
Kos en water
·   Vars, koel water moet die heeltyd beskikbaar wees.
·   Melk moet nie vir hondjies ouer as 8 weke gegee word nie. Hondjies ouer as 8 weke kan dan nie meer die melksuiker afbreek of verteer nie en dit kan diarree of ‘n loop magie veroorsaak.
·   Sjokolade moet glad nie vir honde gegee word nie. Sjokolade bevat teobromien wat nie so maklik afgebreek word in honde as in mense nie. Deur sjokolade vir honde te gee, kan hulle vergiftig word en selfs doodgaan.
·   Kies ‘n gebalanseerde hondekos wat of by die veearts, dierewinkel of supermark gekoop kan word. Gee ‘n hoeveelheid volgens die hondjie se gewig soos wat op die agterkant van die sak aangedui word. Dit is beter om die hoeveelheid vir die dag in twee te deel en dan die hondjie twee keer perdag – in die oggend en in die aand kos te gee.
·   Moet nie sommer net die hondjie se kos verander nie, want dit kan ook diarree of ‘n loop magie veroorsaak. Die kos moet oor ‘n week of twee verander word deur ‘n klein bietjie van die nuwe kos by die ou kos te sit en dan stelselmatig die ou kos minder te maak terwyl die nuwe kos meer gemaak word.
 
Inenting
·   Net soos wat babatjies en jong kinders ingespuit word om hulle te beskerm teen sekere siektes (inenting), moet hondjies ook ingeënt word teen sekere siektes.
·   Die belangrikste siektes waarteen hondjies ingeënt moet word is:
- katgriep
- hondesiekte
- hondsdolheid
- aansteeklike honde lewerontsteking
·   Inenting teen hierdie siektes is belangrik want honde gaan maklik dood van hierdie siektes.
·   Dit is verpligtend volgens wetgewing om alle honde te laat inent teen hondsdolheid. Die rede hiervoor is dat mense wat deur ‘n hond met hondsdolheid gebyt word self hondsdolheid kan kry en kan doodgaan.
·   Klein hondjies kan vanaf 4 tot 6 weke ouderdom ingeënt word deur ‘n veearts. Die veearts sal ‘n reeks van 3 of 4 inentings gee om mee te begin en daarna elke jaar of elke drie jaar.
·   As honde nie geneem word vir die opvolginentings nie (skraagdosis), sal hulle na ‘n ruk nie meer  teen die siektes  waarteen hulle ingeënt was, beskerm wees nie.
 
Ontwurming
·   Wurms kan honde siek maak deur die volgende te veroorsaak:
- Diarree (loop magie)
- Gewigsverlies
- Bloedarmoede (anemie)          
- Stuipe
- Jeukerigheid van die vel
·   Klein hondjies moet met elke inenting ontwurm word. Daarna moet honde 3 tot 4 keer per jaar (elke 3 tot 4 maande) ontwurm word.
·   Dit is belangrik om alle troeteldiere (honde en katte) wat op dieselfde erf voorkom, op dieselfde tyd te ontwurm.
·   Ontwurming word volgens die hond se gewig gegee – vra u veearts om u te help met watter middel om te gee en hoeveel.
·   Pille kan maklik vir honde gegee word deur dit in ‘n klein stukkie vleis weg te steek – klein genoeg dat die hond dit heel kan insluk. Party honde raak slim en kou net die vleis af en spoeg die pil uit – vra u veearts om te help met sulke honde.
·   Die volgende is ook belangrik:
- Tel hondemis daagliks op
- Mense moet hulle hande was nadat hulle met hul troeteldiere gespeel het.
 
Bosluise en vlooie
·   Wanneer sekere besmette bosluise honde byt, kry dié honde of bosluiskoors of bosluisbytkoors.
·   ‘n Hond met bosluiskoors sal nie eet nie, net lê, nie wil speel nie en die tandvleise sal wit wees. So ‘n hond moet so gou as moontlik by ‘n veearts uitkom vir behandeling. Party honde mag selfs in die hospitaal opgeneem moet word en party mag selfs doodgaan ten spyte van behandeling.
·   Moet nie self die hond probeer behandel met middels vir bosluiskoors nie, want van die middels kan breinskade veroorsaak as mens te veel gee.
·   ‘n Hond met bosluisbytkoors sal gewig verloor, net lê, nie wil speel nie, daar mag bloed uit die neus kom, die kliere mag geswel wees en die hond mag selfs braak (opgooi) of diarree (loop magie) hê. So ‘n hond moet so gou as moontlik by ‘n veearts uitkom vir behandeling. Behandeling mag nodig wees vir so lank as 3 tot 4 weke.
·   Bosluiskoors en bosluisbytkoors kan voorkom word deur bosluise op die hond en in die omgewing te beheer. Produkte hiervoor kan by veeartse, troeteldierwinkels en supermarkte gekoop word.
·   In sekere honde kan vlooibyte velallergieë veroorsaak – die hond kan hare verloor, erg krap, rofies kan vorm, die vel kan verdik en daar kan selfs ‘n velinfeksie ontstaan.
·   Vlooie kan ook lintwurmeiers dra en ‘n hond kan dus lintwurms kry wanneer hy per ongeluk ‘n vlooi insluk wanneer hy homself lek.
·   Vlooie kan beheer word deur ‘n verskeidenheid van produkte. Daar is ook ‘n hele paar produkte wat beide vlooie en bosluise beheer.
 
Versorging
·   Moet nooit sjampoe vir mense op honde gebruik nie. Honde se velle se pH (‘n waarde wat aandui of iets suur of alkalies is) verskil van mense sin en sjampoe vir mense kan velprobleme in honde veroorsaak. Sjampoe wat spesiaal vir honde gemaak is, kan by enige veearts, troeteldierwinkel of supermark gekoop word.
·   Indien jy bekommerd is dat jou hond se naels te lank is, vra u veearts om daarna te kyk en te knip indien nodig. Dit is baie maklik om honde se naels te kort te sny en dan bloei dit baie.
·   Dis normaal vir honde om baie hare te verloor wanneer die seisoene verander (verhaar). Honde wat in die huis bly, kan gedurende hierdie tye gereeld geborsel word sodat daar minder hare in die huis verloor. 
·   Langhaar honde moet gereeld (een keer per dag) geborsel word.
·   Hondjies wissel tande tussen 5 en 6 maande ouderdom. Neem die hondjie na ‘n veearts as dit op 6 maande nog nie tande gewissel het nie.
·   Honde kry ook plaak op hulle tande. Hondjies kan van kleins af geleer word om mens toe te laat om hulle tande te borsel. Tandeborsels en tandepaste vir mense kan in honde gebruik word.
 
Onthou as jy nie met jou hondjie wil teel nie, dat jy hom moet laat regmaak (steriliseer of kastreer). Deur ‘n tefie te laat steriliseer voordat sy die eerste keer op hitte kom, verminder mens haar kans op kanker van die melkkliere.
 
Geskryf deur: dr. Sunelle Strydom, BVSc (drsunelle@vodamail.co.za)
 
21 Augustus 2010
 
 
 

Addisionele dokument

4.666665
Gemiddeld: 4.7 (9 votes)
Jou gradering: Geen
  • 4264 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Doen dinge eerste keer reg
  • Koste per koei per jaar?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction