|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Ons het so wyle terug ‘n vakansiehuis gehuur. Spoedig het ons agtergekom dat die huis vol vlooie is en moes ons die hele vakansie spandeer om van hul ontslae te raak! Hoe is dit moontlik dat daar sulke groot hoeveelhede vlooie teenwoordig was terwyl daar nie oor die langtermyn konstant diere bly nie?
Soos met meeste ander parasiet aangeleenthede verkies ek om met die lewensiklus te begin. In die betrokke siklus is daar volwasse vlooie, eiers, larwes en papies betrokke. Na ‘n bloedmaal lê die wyfievlooi ongeveer 15 tot 20 eiers per dag op die gasheer. Die eiers word los op die hare gelê en val feitlik enige plek af, veral op plekke waar die diere rus (soos in slaaphokke of selfs matte indien die dier binneshuis toegelaat word). Die larwes wat uitbroei, voed nie op bloed nie, maar op feitlik enige organiese detritus (bv. dooie vel en hare). Na ‘n aantal vervellings (daar is drie larfstadiums) weef die larf ‘n kokon en ‘n papie vorm. Binne die kokon ontwikkel die volwasse vlooi. Die vlooie kan selfs in die kokon bly tot ‘n stimulus ontvang word wat aandui dat daar ‘n voedselbron naby is. Dit kan in die vorm wees van vibrasies, druk, hitte, geraas of selfs koolstofdioksied.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
ek benodig dringend raad oor vlooie. hulle het my bed oorgeneem. ek het al verskeie soorte gif gekoop en gespuit op matras, maar dit gaan nie weg nie. is daar iets wat kan help of moet ek maar 'n nuwe bed gaan koop. help asb!!!
waarmee kan huis en honde behandel word ons het 'n ghroot plaag hierdie somer in die kaap wat so uitenmatig warm is
Wat word gebruik on vlooi van ontslae teraak?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)