Vra vir Faffa

Voedingsbehoeftes van braaikuikens

Vraag

Hoeveel kos per dag per kuiken moet ek voer? Ek het mooi groot voerbakke en kuikens kan gemaklik eet sonder om te baklei vir kos. Hoeveel voer moet afgeweeg word per kuiken per dag?

Antwoord

Die hoeveelheid wat ‘n kuiken per dag eet, is afhanklik van die ras en die weersomstandighede.

Braaikuikens sal gedurende week twee 6,2 gram proteïen per dag vreet; gedurende  week vier 9,5 gram en gedurende week ses 7,0 gram proteïen per dag.

Hoeveelheid wat gevreet word, hang ook af van die tipe toerusting,stres, ventilasie en vloerspasie.

Geskryf deur: Dr. Mick Versfeld, Pluimveekonsultant (mickversfeld@mweb.co.za)

4 September 2017


Kommentaar

Een kommentaar op “Voedingsbehoeftes van braaikuikens

  1. Jan Alleman
    Jan Alleman

    Goeie dag Anoniem

    Ek neem aan jy stel belang in die hoeveelheid gebalanseerde, geformuleerde voer wat n braaikuiken eet, en nie die hoeveelheid komponente van die voer (soos protein ens.) nie.

    Duimreels:

    #
    n Braaikuiken eet 10% van sy gewig in droe materiaal per dag. Die voer is nie 100% droog nie en besit so 10% water (die voer het dus n 90% DM inhoud, en 10% water). So hulle gaan bietjie meer as 10% van hulle gewig eet van n 90% droe materiaal voer wat hulle gewoonlik kry.

    ##
    n Braaikuiken se inname = sy ouderdom (in dae) x 4
    Bv. Braaikuiken van 10 dae ouderdom, eet 40g voer per dag (i.e. 10 x 4 =40g/dag)

    Natuurlik groei braaikuikens geweldig vinnig so hulle voerinname verander daagliks. Soos genoem is daar ook baie ander faktore wat dit sal beinvloed. Dit is aanvaarbaar om 2-3 dae se voer uit te sit in n “tube feeder” wat se hoogte aangepas word soos hulle groei, sodat voer nie vermors word nie.

    Bron: Chicken Nutrition (Rick Kleyn, 2013) – n Uitstekende boek deur n Suid-Afrikaner, skaf gerus aan.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.