|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Hoe doen 'n mens bosluiskoors op en wat is die simptome?
Vraag:
Hoe doen 'n mens bosluiskoors op? Wat is die simptome? Ek het dit gekry toe ek honde behandel het teen galkoors. My lewer het geswel en my nier het probleme gegee. Het koors en sweet my dood. - Johanna Labuschagne, Lydenburg.
Antwoord:
Bosluiskoors is 'n siekte (Rickettsiae conorri-infeksie) wat wêreldwyd onder mense aangetref word. Die siekte word deur bosluise oorgedra. Die oordrag vind plaas wanneer 'n besmette bosluis 'n mens byt of wanneer daar faeses van 'n besmette bosluis op die mens se vel teenwoordig is en dan in oop seerplekke op die vel beland.
Vandat die bosluisbyt plaasgevind het, neem dit tussen een tot twee weke voordat die simptome van bosluiskoors manifesteer. Die bytplek kan meestal êrens op die vel gesien word - 'n ulkus (seer) wat swart in die middel is en rooi rondom. Bosluiskoors gaan gewoonlik gepaard met 'n vel-uitslag. Ander kenmerkende simptome van bosluiskoors is: koors, kouekoors, lyfseer, hoofpyn, geswelde limfkliere en soms klein plekkies van bloeding onder die vel.
Die diagnose word meestal op grond van die simptome gemaak en bloedtoetse is dikwels onnodig. Die pasiënt se positiewe reaksie op die medikasie is ook 'n aanduiding dat die regte diagnose gemaak is. Ander ernstige siektes wat met dieselfde simptome begin en waarna opgelet moet word, is Malaria en Meningitis.
Bosluiskoors word suksesvol met tetrasikliene en chlooramfenikol behandel.
25 Mei 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24