|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Ek het 'n 80 hektaar pan met gras (12 % proteïen) op. Ek wil 'n verskuifbare kamp maak en lammers daarin sit, sodat die ander skaap nie die byvoeding kan vreet nie. Watter byvoeding kan ek gee om die gras optimaal te benut? Ek het mielies indien dit benodig sou word. Sal dit dieselfde resultaat kan gee as ‘n voerkraal en sal ek kostes spaar deur dit so te doen? Groete. Ben Venter
Die gras se proteïeninhoud is baie laag en moet as 'n laegraadse ruvoer beskou word. Indien dit sogende lammers is, moet die verskuifbare kamp opening van 20 tot 25 cm breed en ± 40 cm hoog hê waardeur die lammers kan kruip. Voer hulle die volgende kruipvoermengsel: 150 kg Voermol SS 200 + 150 kg Voermol Procon + 80 kg Voermol Melassemeel + 625 kg fyngemaalde mielies.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24