Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Weiding / Bestuur / Gras-vestig-klein-karoo

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 03:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Gras vestig in Klein-Karoo

Ingestuur deur Onbekende besoeker op 24 September, 2011 - 11:51

Vraag

Ek het 'n plasie in die Klein-Karoo. Sodra ons redelike reën kry, begin daar sugwater op 'n paar plekke uit die grond loop vir 'n paar maande. Die grond is baie sanderig. Ek het 'n klompie skape en beeste en wil die weiding verbeter deur in die nat gedeeltes gras te saai. In die veld is smutsvinger, rooigras, vingerhoedjie ens.

Antwoord

Deur: DR. LOUIS DU PISANI

Ek aanvaar dat die ''sugwater'' waarvan die vraesteller praat, vars water is? Daar is 'n hele paar grasse wat hierdie omstandighede goed sal benut. Dit sluit Kikujoe en Fluitjiesriet in, wat beide uitheemse grasse is. Ek ken die gebied nie goed genoeg om 'n inheemse gras vir die omstandighede aan te beveel nie. Miskien sal die Voorligtingskantoor in Oudtshoorn u daarmee kan help. 

Dr Louis du Pisani, EDUPLAN, Middelburg, 082-773 9778, louisdp@eduplan.co.za
Opskrif: Aangeplante weiding in die Karoo
Vraag:
Ek het tans 'n 2700 ha tipiese Karooplaas met bossies en gedeeltelik met kortbeen boesmangras. Daar is 'n paar kaal kolle wat ek graag met aangeplante weiding onder gedeelte besproeiing wil plant (so 6ha tot 8ha). Ek het Eskom krag, gaan windpomp met 3500l/u dompelpomp vervang, pomp na 60kl dam en dan vandaar wil ek met 'travelling irrigation system" dit besproei vir addisionele weiding en die kamp my 'lamkamp" maak. Ek sal graag wil weet watter aangeplante weiding julle sal voorstel. Gemiddelde reënval per jaar so 220mm. Ek sal ook graag wil weet wat die beste tyd van aanplanting is van verkieslik meerjarige weiding?
Antwoord:
Deur: Dr. LOUIS DU PISANI
Voordat u groot koste aangaan, moet u seker maak of die grond en water geskik vir besproeiing is en dat u genoeg water het. Netnou sit u met verbrakte grond, ‘n opgedroogde boorgat en ‘n klomp skuld.
Die volgende meerjarige weidingmengsel word aanbeveel:
15 kg/ha Langswenkgras (laatblom tipe) plus 10 kg/ha Langswenkgras (vroegblom tipe) plus 3 kg/ha Kanariegras plus 5 kg/ha Kropaargras plus 5 kg/ha Meerjarige Raaigras plus 2 kg/ha Rooiklawer plus 1 kg/ha Witklawer.
Geskryf deur: dr. Louis du Pisani, Eduplan, Middelburg , Oos-Kaap (louisdp@eduplan.co.za)
16 Maart 2010
Verdere vrae:
1.Waar kan ek die tipes gras wat jy aanbeveel aankoop?
Hier is 'n mengsel wat baie goed doen:
15kg/ha Laatblom Swenkgras (kies een van die volgende cultivars Fuego of Jenna) plus
10kg/ha Vroegblom Swenkgras (kies een van Dovey, Cajun, AU Triumph) plus
3kg/ha Kanariegras plus
5kg/ha Kropaargras plus
5kg/ha Meerjarige Raaigras plus
2kg/ha Rooiklawer plus
1kg/ha Witklawer.
Doen navraag by jou koöperasie of by ‘n kunsmisagent waar om saad te bekom.
2. Hoe kan ek bepaal of my water te brak is? Ek weet huidiglik smaak dit
nie te aangenaam nie.
As die water onaangenaam ruik, is ek bevrees die water is nie geskik vir besproeiing nie. Ek is van mening dat jy dit liefs nie moet doen nie. Die projek is net te duur om 'n kans te vat.
3. Ek het reeds ‘n grondontleding deur Biofarm laat doen en weet wat om te doen om die grond te behandel.
Dit help niks jy behandel die grond, maar die water benadeel dit weer nie.
4. Kan ek een van hierdie PTH toestelle vanaf Israel, wat jy inlyn met
jou besproeiing plaas om sodoende die kalk in die water af te breek, installer? Kan
'n mens die grond van tyd tot tyd behandel indien ek sou beproei met my
brakkerige water?
Ek weet nie. Gaan spreek 'n besproeiing-ingenieur so gou moontlik voordat jy met die projek voortgaan.
Geskryf deur: dr. Louis du Pisani, Eduplan, Middelburg , Oos-Kaap (louisdp@eduplan.co.za)
7 April 2010
Vraag: Ek het ‘n paar vrae na aanleiding van die antwoord hierbo.
 
Ek boer deeltyds in die Phillipolis area in die Suidwes Vrystaat.
 
Ek wil weiding vir my ooie en lammers plant en wil weet wat die beste vir hulle sal wees?
 
Antwoord:
Dit is belangrik om te weet wanneer jou ooie lam. Dan kan jy die voervloei daarby aanpas. Hierdie meerjarige mengsel is nie noodwendig die mees geskikte vir daardie spesifieke omstandighede nie. Miskien sal 'n eenjarige mengsel beter werk.
 
Wanneer is die beste tyd om die mengsel wat u aanbeveel het, aan te plant?
Die beste planttyd is in die herfs - Maart en April
 
Wanneer sal die weiding op sy produktiefste wees?
In die lente en herfs - September, Oktober, Maart, April. Maar as dit reg bewei word, kan dit vir minstens 9 maande van die jaar voer verskaf.
 
Is dit ‘n “permanente “ weiding en na hoeveel jaar moet ek dit hervestig?
Dit is meerjarig. Dit hou 10 jaar en langer.
 
Sal onkruidbeheer nodig wees?
Onkruid kan 'n probleem wees die eerste paar maande na vestiging. As jy sorg dat die lande skoon is voor vestiging en in die herfs plant wanneer onkruide die minste probleme gee, en as jy die gevestigde weiding so behandel dat dit groeikragtig bly, sal onkruid nie 'n probleem wees nie.
 
Sal ek voorkomende maatreёls teen opblaas moet tref?
WItklawer kan opblaas veroorsaak, veral as dit die mengsel begin oorheers. Die gevaar vir opblaas is egter heelwat minder as met lusern. As die % witklawer in die mengsel te hoog raak, moet jy weet jou diere hou die weiding te kort. Laat die weiding dan toe om een keer goed uit te groei en die witklawer te oorskadu. Witklawer hou nie daarvan om oorskadu te word nie en sy % sal dan afneem.
Geskryf deur: Dr Louis du Pisani, EDUPLAN, Middelburg (082-773 9778)
17 April 2010
 

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 778 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • '07/'08-voedselkrisis kan herhaal
  • Mikro-elemente: Deel 5 - Boor
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction