|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
"My lammers kom aan en weiding raak skaars, nou wil ek graag hawer en lusern op twee stukke grond vestig vir byvoeding, maar is onseker of die skape nie dalk sal opblaas nie."
Vraag:
My lammers kom aan en weiding raak skaars, nou wil ek graag hawer en lusern op twee stukke grond vestig vir byvoeding, maar is onseker of die skape nie dalk sal opblaas nie. Maak ek die regte keuse met die twee gewasse of moet ek iets anders vestig vir weiding? - barendswart@msn.com
Antwoord:
Die keuse van weidingsgewasse hang van die grondtipe en klimaat af asook of dit droëlandweiding of weiding onder permanente besproeiing is en watter tyd van die jaar dit aangeplant word. Skakel met 'n weidingskundige of die tegniese adviseurs van saadmaatskappye in jou omgewing in die verband. In sekere gebiede kom daar wel opblaas voor waar groen lusernlande bewei word, veral op swart turfgronde en gronde hoog in kalium.
Doen navraag by medeboere of daar opblaas in die omgewing voorkom. Opblaas kan baie goed beheer word deur Bloat guard in lekke in te sluit, maar dit is ongelukkig baie duur. Onthou net dat geen aangeplante weiding voldoende voedingstowwe vir hoogsproduserende skape (d.i. jong groeiende lammers, laatdragtige en lakterende ooie) verskaf nie en dat dit noodsaaklik is dat aanvullende byvoeding verskaf word.
Skakel dr. Jasper Coetzee (0833 86 83 82) in verband met spesifieke aanvullings op aangeplante weiding
4 Junie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24