Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Weiding / Oumansoutbos / Oumansoutbosaanplantings

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 03:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Oumansoutbosaanplantings

Ingestuur deur Onbekende besoeker op 20 Januarie, 2012 - 07:54

Vraag

Ek wil graag meer uitvind oor die aanplant van soutbos. Hoe gaan mens te werk en watter voordele hou dit in vir skape?

Antwoord

Deur: PROF. CHRIS DANNHAUSER

Dr Jasper Coetzee het die gebruik en voedingswaarde van Oumansoutbos (OMS) goed aangespreek. (Sien skakels onder)  Dit is hieruit duidelik dat dit verkieslik nie vir afronding gebruik moet word nie, maar vir onderhoud van die skape soos byvoorbeeld die teeltrop.

Die vestigig van Oumansoutbos word gewoonlik gedoen deur die sade te laat ontkiem in saailaaie of sakkies en dan die saailinge te verplant. Die saad word ook in lopende water afgespoel om remstowwe te verwyder. Saailinge behoort in die handel beskikbaar te wees. ‘n Goeie stand is 2500 tot 3000 plante per ha, wat beteken dat plante 1.75 tot 2 m uit mekaar geplaas word. Dit is ook nodig om die jong saailinge te besproei na hervestiging, met behulp van drup-besproeiing, leivore of ‘n waterkar. Vir nadere besonderhede oor saad- en plantjiebeskikbaarheid en bestuur kan die weidingkudiges van Grootfontein Landbou Kollege genader word. ‘n Kontakpersoon daar is: dr. Loraine van den Berg (lorainevdb@daff.gov) of JH Hoon, Grootfontein Landbou Kollege, Tel 0498026740.
Die hoë sout-inhoud van die gewas bly altyd belangrik in die sin dat voldoende water voorsien moet word. Dit is verder ook belangrik dat skape oor tyd aangepas moet word (tot soveel as 3 weke) op die Oumansoutbos, aangesien dit so totaal verskil van ander ruvoerbronne, in terme van smaak en sout-inhoud.
Om te ontwikkel van ‘n kiemplant tot ‘n weibare struik neem gewoonlik ‘n jaar en beweiding is dus eers in die tweede jaar moontlik. Droë materiaal produksiesyfers van tussen 2 en 4.76 t/ha word deur de Kock (1980) aangedui en dit is ongeveer 8 tot 18 t/ha nat materiaal. Die volgende statistiek word deur Hoon (2010), ook van Grootfontein Landbou Ontwikkelings Instituut, aangegee:
·         ‘n Drakrag van 21 skape/ha vir 4 maande by ‘n plantdigtheid van 2500 plante/ha
·         ‘n Proteïen-inhoud van 16-22%
·         Oumansoutbos kan as onderhoud ruvoer vir skape dien, selfs vir dagtige ooie, met addisionele energievoeding.
Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
13 Januarie 2012
Maar ek waarsku, in goeie grond, is hy nie ‘n bossie nie maar eerder ‘n bos! Het bestuur nodig en kan vervuil! Myne wil ek uit en weg hê. Ek het al tot met ‘n vliegtuig probeer spuit om oumansoutbos uit te roei! Baie gehard!
 
Ja, dit is destyds op brak/swak/uitval grond geplant by ons! Veronderstel om ‘n klein bossie te raak wat droё ooie op loop! Kameelperde sal nou goed doen in die blokke, dis ‘n nes vir Rooikat, en bosluis. Ek sou verkies het dat dit uitgeroei raak en dat ‘n brak verdragsame klawer/medic/grass mengsel daar sou gevestig word! Maar ek kry nie die ding dood nie! Met baie sterk mengsels gif wel met baie water maar jy kan nie inkom met n spuit want op plekke is die goed by ons bakkie dak hoogte en hoёr. Jy is veronderstel om dit elke twee jaar of wat met bossieslaner by te kom, maar dan kom die stokke die trekker bande ook by! Trekkerbande is ongelukkig alles behawe goedkoop! Op ‘n dag sal ek ‘n kruip trekker insit met ‘n PTO en die blokke finaal “uitsort”! In droёer dele waar daar nie diep grond is nie, sal ek hom plant maar nie in natter dele en ek dink in die Karoo het hy definitief ‘n plek! Dink altyd aan die lande by Touwsrivier waar soutbos staan, as hy so lyk is dit fantasties!

 
Richard Krige (Boontjieskraal, Caledon)

19 Januarie 2012
Lees ook:
Oumans-Soutbossaad
Aangeplante weiding vir bokke op Noordoewer
Oumansoutbos as ruvoer
Soutbos kan lusern deels vervang
Soutbos werk in ekstensiewe stelsel
Drastiese weiplan kan veld red

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 722 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)


Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Skok vir hoender- en knoffelboere
  • Meer banke by Mafisa betrek
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction