Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Weiding / Tef / Tef-en-hawer-wisselbou

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 03:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Tef en hawer wisselbou

Ingestuur deur Onbekende besoeker op 23 Januarie, 2012 - 07:46

Vraag

Ek plant tef en hawer wat ek baal en verkoop aan perdeboere. Ek het in die somer van 2010 tef geplant en in die winter, hawer op dieselfde land. Ek het nou weer tef geplant en dit het totaal misluk. Dit wys natuurlik dat die hawer te veel voeding uit die grond uithaal. Wat is ’n beter opsie vir my om te volg? Kan julle my asseblief help met ‘n wisselbouprogram van gewasse wat my sal help om nie my grond uit te put nie, maar waarmee ek ook kos kan produseer om te verkoop.

Antwoord

Deur: PROF. CHRIS DANNHAUSER

Tef en hawer is teoreties ‘n goeie kombinasie van wisselbougewasse, aangesien dit in verskillende seisoene groei, mits daar genoeg water is. Die feit dat u dit suksesvol kon doen, dui aan dat u dit onder besproeiing doen. Dit is wel moontlik om met hierdie twee oeste ten minste 12 t/ha per jaar te produseer. Dit beteken verder dat u ten minste 100 tot 120 kg N/ha en 24 kg P/ha per jaar uit die grond verwyder, wat tot voedingstekorte kan lei. Die verdere probleem met so ‘n intensiewe hooiproduksie-sisteem is die verwydering van materiaal bogronds en ook organiese materiaal uit die grond. Indien so ’n wisselboustelsel oor baie jare gedoen is, sal dit die voedingswaarde van die grond uitput. Wat pla is dat u dit slegs vanaf  2010 doen en nou al probleme ondervind!

Behalwe grondvrugbaarheid speel grondvog natuurlik ook ‘n groot rol in ontkieming van saad. Vir suksesvolle ontkieming en produksie van so ‘n stelsel sal u vir die volle jaar ten minste 25 to 35 mm besproeiing per week moet toedien. Die regte plantdatum is ook belangrik. Hawer moet verkieslik Februarie tot April geplant word en tef behoort November/Desember geplant te word. Dit is al ekserimenteel in die Wes-Kaap bewys dat so ‘n wisselboustelsel volhoubaar kan wees as daar ook ‘n peulgewas ingebring kan word, soos Serradella in die winter of Sonhemp in die somer. Lusern (vir ‘n langer periode) werk natuurlik ook goed.
Die aanbeveling is dat u:
  1. Seker maak u koop goeie kwaliteit saad by ‘n erkende saadhandelaar.
  2. Seker maak dat u voldoende besproei.
  3. So gou moontlik ‘n grondontleding laat doen om moontlike tekorte vas te stel (organiese materiaalinhoud ingesluit).
  4. Die inbring van ‘n peulgewas oorweeg.
Ek help graag as u verdere inligting nodig het en stel voor u kontak my weer na ‘n grondontleding gedoen is.
Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
23 Januarie 2012

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 506 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Kommentaar

Onbekende besoeker
21 Mar 2012 18:58

ek wil graag weet wat is die beste tyd om die twee gewasse te plsnt in heidelberg g prov baie dankie

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)


Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • GM-piesang is swambestand
  • Besetters steeds op VS plaas
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction