Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Wild / Siektes-en-ander-toestande / Hondsdolheid / Hondsdolheidvirus-vleis

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 03:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Hondsdolheidvirus in vleis

Ingestuur deur Onbekende besoeker op 17 September, 2010 - 14:28

Vraag

Kan jy die vleis of biltong van 'n koedoe eet wat hondsdolheid het? Ek vra die vraag na aanleiding van die koedoe wat in Namibiё die kombi aangeval het.

Antwoord

Deur: Dr. FAFFA MALAN

 Hondsdolheid in Namibiё

’n Uitbreek van ‘n siekte wat met die beskrywing van hondsdolheid ooreenstem en wat honde, beeste en kleinvee ingesluit het, is in 1887 aangeteken. Sedertdien is verskeie gevalle  van hondsdolheid aangemeld waar honde, mense, ‘n hiёna, rooijakkalse, beeste, wildekatte, rooikatte, muskeljaatkatte en muishonde hondsdolheid opgedoen het.
Daar was ook twee uitsonderlike gevalle in Namibiё: epidemiese verspreiding van hondsdolheid in koedoes van 1977 tot 1985 in die sentrale gebiede van die land waar 30 000 tot 50 000 (20% van die populasie) gevrek het. Terselfdertyd het die siekte ook in karnivore voorgekom nl. in bakoorjakkalse, jakkalse en leeus in die Etosha Nasionale Park.
Daar word vermoed dat die siekte aanvanklik deur die byt van jakkalse aan koedoes oorgedra is en daarna direk van koedoe na koedoe versprei het. Die virus is nie so weerstandig dat die virus wat in spoeg voorkom lank in die omgewing kan oorleef nie, maar koedoes vreet dikwels in baie noue kontak met mekaar. Vermoedelik word die virus ook oorgedra wanneer koedoes mekaar se  hare met hul tande en lippe kam. Die koedoes het dikwels seertjies in hulle bekke as gevolg van beserings wat hulle opdoen wanneer hulle blare van doringbome vreet. Dit is bewys dat koedoes hoogs vatbaar vir infeksie deur die orale roete is en dat besmette koedoes hoё konsentrasie van virus in hulle spoeg uitskei.
Sosiale gewoontes van koedoes het ook die verspreiding van die virus aangehelp. Koedoes versprei in die wintermaande en kom dan weer  in die somer in matriargale groepe  bymekaar. Alleenlopende koedoebulle loop oor lang distansies en maak kontak met verskeie groepe.
Die besmetting het ook verder versprei na beeste en elande.
Die hondsdolheidvirus kom in die speekselkliere van besmette diere voor. Die inkubasieperiode is die kortste wanneer die virus deur byte of vars wonde in die kop of nek-area die liggaam penetreer.
Uitsonderlike gevalle van besmetting in ‘n lammetjie en baba het voorgekom deur die inname van melk wat die hondsdolvirus bevat het. Aёrosol-oordraging is moontlik wanneer mense in die nabyheid van speeksel van ‘n hondsdoldier gekom word. Die virus het ook al deur die plasenta die fetus besmet.
Die hondsdolheidvirus is sensitief vir sonlig, ultravioletstrale, hitte, reinigers, halogene en vetoplosmiddels. Besmetting word binne minute vernietig deur kwaternêre ammoniumverbindings, 1% seepoplossing, 5-7% jodiumoplossing en 45-70 % alkohol. Die virus word geїnaktiveer deur hitte by 56°C vir 30 minute asook deur lae konsentrasies van formalien.
Hondsdolheidvirus kom in die speekselkliere en speeksel van hondsdoldiere voor. As die virus in vleis sou voorkom, sal dit in BAIE lae konsentraies wees en nie die siekte veroorsaak nie. Dit is in uitsonderlike gevalle teoreties wel moontlik dat persone met wonde wat tydens slagting van hondsdoldiere met die speeksel in aanraking kom of  virusbesmette speeksel wat in die oё spat, wel met die virus besmet mag raak.  ‘n Basiese beginsel is dat die vleis van enige dier wat aan ‘n siekte gevrek het, nie vir menslike gebruik geskik is nie. In die praktyk is ons wel daarvan bewus dat die vleis van sulke diere wel deur mense geёet word. Tot dusver is daar geen opgetekende geval waarvan ons bewus is, wat hondsdolheid op hierdie wyse opgedoen het nie (dr. Paul Kloeck, persoonlike mededeling).
Bron:
Coetzer, J.A.W en Tustin, J.A.W. 2004. Infectious diseases of livestock. Oxford University Press.   ISBN 0 19 576171 5
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartsenykonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
17 September 2010  
 

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 1151 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • UP kry dalk Leerstoel vir Gewasbeskerming
  • Grondoudit amper van die grond af
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction