Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Wild / Siektes-en-ander-toestande / Snotsiekte / Snotsiekte-oordraging

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 03:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Snotsiekte-oordraging

Ingestuur deur Onbekende besoeker op 31 Januarie, 2012 - 08:18

Vraag

Desember is snotsiekte in my kudde gediagnoseer. Verloor 7 dragtige koeie. Ons het al 11 blouwildebeeste toe laat uitskiet. Ek wil weet hoe lank leef die virus in die veld voort en is die kanse daar dat beeste weer gaan siek word? Party bronne sê as die oorsaak, in hierdie geval die wildebeeste verwyder is, verdwyn die gevaar. Ander bronne sê dit kan nog tot 7 maande duur. Kan u asb.help? Ons is raadop en kry nie veel betroubare inligting oor die siekte nie. Moet ons die bees skuif na ’n ander plaas, of nie? Dis nou al 22 dae dat wildebeeste uit is. Is die gevaar verby of kan ons nog vrektes verwag?

Antwoord

Deur: PROF. MORITZ VAN VUUREN

Die virus leef gladnie voort in die veld nie en ander beeste het geen kans om siek te word as gevolg van virus in die omgewing nie. As daar geen wildebeeste in die nabyheid oor is nie het die gevaar verdwyn, selfs al is dit net een dag wat hulle verwyder is. Van die ander beeste kan egter nog siek word omdat die inkubasieperiode van snotsiekte gemiddeld 4-8 weke is en in sommige gevalle etlike maande. Dit vind egter plaas onafhanklik van die afwesigheid van wildebeeste. Dit is hoekom sommige bronne sê dit kan 7 maande duur voordat daar redelike sekerheid is dat verdere gevalle nie gaan voorkom nie.

Dit sal egter nie raadsaam wees om die beeste te skuif na ‘n ander plaas nie. Die rede daarvoor is dat met nuwere kennis, dit nou bekend is dat wanneer snotsiekte op ‘n plaas uitbreek, groot getalle van die kudde besmet raak, maar net kleiner getalle beeste word siek en vrek. Beeste wat nie siek geword het nie bly draers van die virus hoewel hulle nie in staat is om dit oor te dra na ander vatbare beeste nie (slegs wildebeeste kan dit doen). Wanneer hulle self egter blootgestel word aan stres (soos verskuiwing na ‘n ander plaas) kan die siekte onder sommige van hulle voorkom. Hierdie is nie ‘n algemene verskynsel nie en boere moet nie onder die indruk kom dat indien hulle voorheen uitbreke gehad het, meeste van hulle beeste nou ‘n risiko is vir verdere uitbreke nie. Herverskyning van die siekte bly nog ‘n rare verskynsel waarvan net kennis geneem moet word. Dit verklaar egter sommige uitbreke wat plaasgevind het sonder dat wildebeeste teenwoordig was.
Geskryf deur: prof. Moritz van Vuuren, Viroloog, Fakulteit Veeartsenykund, Universiteit van Pretoria (Moritz.VanVuuren@up.ac.za)
31 Januarie 2012
Snotsiekte
Vraag:
My buurman het onlangs blouwildebeeste op sy plaas ingebring. My beeste loop langs die wildskamp. Ek verneem dat die blouwildebeeste snotsiekte aan die beeste kan oordra. Vertel my meer, asseblief.
Antwoord:
Inleiding
Snotsiekte, wat afkomstig is van blou- en swartwildebeeste, veroorsaak enorme finansiële verliese vir beesboere omdat dit 'n dodelike siekte by beeste is waarvoor daar geen suksesvolle behandeling beskikbaar is nie. Snotsiekte is gewoonlik sonder uitsondering 'n dodelike herpesvirussiekte by beeste van alle rasse en ouderdomme asook by takbokke in die noordelike halfrondte. Vrylewende wildsbokke is nie vatbaar nie, maar sodra hulle in gevangeneskap saam met wildebeeste aangehou word, raak hulle vatbaar vir die siekte.
Siek beeste het 'n bilaterale (tweesydige) slymetterige neus- en ooguitloopsel. Horingvliesontsteking (keratitis) van die oë en vergroting van die oppervlakkige kliere (limfknope) ontstaan. Die siekte kom wêreldwyd voor.
Die wildebeesafkomstige snotsiekte (WAS) word geassosieer met beide blouwildebeeste (Connochaetes taurinus) en swartwildebeeste (Connochaetes gnou). Skaap-geassosieerde snotsiekte (SGS) se voorkoms in Suider-Afrika is laer as WAS omdat beeste meer weerstandig is teen daardie vorm van die siekte.
 
Bron van besmetting
Vandat wildboerdery sedert die 1970's 'n ekonomiese bedryf in Suid-Afrika geword het, is daar 'n toename in die voorkoms van WAS. All vrylewende volwasse wildebeeste moet as besmet beskou word. Die volwasse wildebeeste skei die virus uit onder erge strestoestande soos blootstelling aan hoë omgewingstemperatuur, gedurende gevangenskap en gedurende jag.
Wildebeeste self word nie siek of wys nie kliniese tekens van snotsiekte nie. Daar is sover bekend geen wildebeestroppe wat vry is van die snotsiektevirus nie. Geen ander wildsoort is in staat om die snotsiektevirus aan beeste oor te dra nie ten spyte van die feit dat verskeie wildsoorte soos bastergemsbokke en rooi hartebeeste verwante virusse dra. Dit is onteenseglik eksperimenteel bewys dat daardie virusse nie na beeste oorgedra word nie.
Blouwildebeeskalwers kan al in die baarmoeder (in utero) besmet raak. Die kalwers kan ook kort na geboorte deur ander kalwers wat besmet is, besmet raak ten spyte van teenliggame wat hulle vanaf die koei gekry het. Blouwildebeeskalwers skei die snotsiektevirus tot ongeveer vier maande ouderdom in hulle neus en oogsekresies (afskeidings) uit en die virus besmet dan beeste. Binne enkele weke na geboorte is alle wildebeeskalwers besmet.
 
Wanneer besmetting voorkom
In Suid-Afrika is daar twee piektye gedurende Januarie tot Mei en September tot November wanneer die voorkoms van WAS baie hoog is. Wildebeeste se kalfseisoen is vanaf Desember tot Februarie en die besmette jong kalwers besmet beeste gedurende Januarie tot Mei.
Met die September tot November snotsiektepiek in beeste is die wildebeeskalwers 9-11 maande oud en skei nie meer spontaan virus uit nie. Verhoogde gevalle van snotsiekte gedurende hierdie period van die jaar word meer in die tradisionele bosveldareas waargeneem en word toegeskryf aan die jagseisoen van Mei tot Augustus wanneer ouer wildebeeste virusse uitskei onder jagtoestande. In Suid-Afrika is die voorkoms van SGS laer as WAS en kom dit enige tyd van die jaar voor.
 
Hoe beeste besmet word
Beeste word gewoonlik sporadies besmet as daar noue kontak is met wildebeeste. Beeste is al besmet met WAS alhoewel hulle meer as ‘n paar honderd meter vanaf wildebeeste was en 'n heining hulle geskei het. Met die piekuitbreek van WAS gedurende Januarie tot Mei deel die beeste en wildebeeste gewoonlik weiding en water en is in noue kontak met mekaar.
Die presiese manier hoe beeste besmet raak, is nog nie heeltemaal duidelik nie, maar is heelwaarskynlik deur inaseming van die virus wat uitgeskei word in die neusslym van wildebeeste. Waar beeste oor groot afstande (etlike honderde meters) besmet geraak het, word vermoed dat 'n vektor (draer) betrokke moet wees, maar geen bewyse kon nog daarvoor gevind word nie. Laasgenoemde verskynsel was in meeste gevalle waarskynlik toe te skryf aan die lang inkubasieperiode van die siekte en die opvlam van die siekte in voorheen besmette draerbeeste onder geweldige stres. Wat baie duidelik verstaan moet word, is dat besmetting met snotsiektevirus tussen beeste onderling nooit voorkom nie. Die enigste uitsondering is dragtige koeie wat in die laat stadium van dragtigheid siek word en dan die virus aan die ongebore kalf oordra. Sulke kalwers wat gesond gebore word, vrek binne ses weke na geboorte aan snotsiekte.
 
Siektetekens in die bees
Die inkubasieperiode (vanaf besmetting tot simptome) is 3-7 weke of soms langer. Die liggaamstemperatuur styg skielik tot ongeveer 41,6°C. Beide neusgate het 'n slymetterige uitloopsel wat aanpak en korse vorm. Soms word die neusgate toegepak en die dier haal moeilik asem. Erosies (sere op die slymvlies) ontstaan op die neus- en bekslymvlies.
Beide oë is ontsteek en het 'n slymetterige uitloopsel en albei horingvliese raak vaalgrys ondeursigtig wat kan lei tot blindheid. Die diere is soms liggevoelig en kan diarree ontwikkel. Velontsteking (dermatitis) wat soms afskilfer, ontstaan by die bykloutjies, tussen die kloue en by die basis van die horings en word hoofsaaklik gevind by die skaap-geassosieerde snotsiekte. Die dier ontwikkel soms senuweetekens wat wissel van wanbalans, draai in sirkels, neerval op die grond en ontwikkeling van ‘n koma. Siek diere vrek gewoonlik binne 4-5 dae na die begin van siektetekens.
 
Diagnose
'n Voorlopige diagnose word gemaak op die geskiedenis, siektetekens en nadoodse letsels. Bevestiging van die diagnose word gedoen as die virus nukleїensuur waargeneem word in bloedmonsters in die laboratorium. Die toets staan bekend as die polimerase kettingreaksie en kan onderskei tussen wildebees- en skaap-geassosieerde snotsiekte.
 
Onderskei snotsiekte van ander siektes
Siektes waarmee snotsiekte verwar kan word, is beesvirusdiarree (BVD), mukosasiekte, besmetlike beesrinotrageïtis, bek-en-klouseer en knopvelsiekte omdat hulle onder andere bek-letsels veroorsaak.
 
Voorkoming en beheer
  • Beeste en wildebeeste moet minstens 1 000 meter van mekaar geskei wees om die risiko vir uitbreke tot die minimum te beperk, maar skeiding van selfs ‘n paar honderd meter sal die risiko aansienlik verminder.
  • Beheer die beweging/verskuiwing/vervoer van wildebeeste.
  • Daar is nie 'n doeltreffende behandeling of entstof beskikbaar nie.
Bron:
Coetzer, J.A.W en Tustin, R.C. 2004 Infectious Diseases of Livestock. Oxford University Press. ISBN 0 19 578202X.
  • Geskryf deur: Dr. Jan du Preez, MPO Instituut vir Suiweltegnologie en dr. Faffa Malan, veeartsenykundige konsultant. 5 Mei 2009
Hierdie antwoord is opgedateer deur: prof. Moritz van Vuuren, Viroloog, Fakulteit Veeartsenykund, Universiteit van Pretoria (Moritz.VanVuuren@up.ac.za)
31 Januarie 2012

Addisionele dokument

5
Gemiddeld: 5 (3 votes)
Jou gradering: Geen
  • 459 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)


Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Boere-sensus in Noordwes beoog
  • Senwes het moeilike jaar gehad
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction