|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Help my tog asseblief! Ek het 'n 2 maande oue muskeljaatkatjie wat ek moet versorg. Hy is al baie mak en drink tans "kitty milk", maar het 'n week gelede al 2 klein voёltjies geёet. Wat kan ek doen om hom sover te kry dat hy die melk moet los? Ek weet niks van hulle eetgewoontes nie, o hy het gisteraand 2 motte ook geёet!! Hy begin in die huis urineer (ruik baie sterk). Ek neem aan dat aangesien hy 'n boomkat is hy nie 'n sandkas gebruik soos mak huiskatte nie.
Die volgende raad is ontvang vanaf veeartse op Wildlife Vetnet, ‘n besprekingsgroep vir veeartse, waar wildsveeartse mekaar raad vra en advies deel. Muskeljaatkatte kan op “kitty milk” grootgemaak word. In plaas van “kitty milk” kan mens ook gekonsentreerde of ingedampte melk gebruik wat mens verdun deur dieselfde hoeveelheid water by te voeg. Dit is belangrik dat mens met klein hoeveelhede begin. Begin deur ‘n spuit te gebruik om die verdunde ingedampte melk in te gee, en daarna kan ‘n baba troeteldierbottel gebruik word. Onthou dat in die natuur, die ma die klein katjie sou stimuleer aan die begin om te urineer en te ontlas en na voedings moet mens dus ‘n lou warm watte neem en die area onder die stertjie, asook die skede vryf.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24