|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die Jagluiperd-bewaringsfonds (CCF), wat in Namibië gesetel is, het in Augustus en September geskiedenis gemaak met sy eerste internasionale kursusse rakende die bestuurspraktyke vir jagluiperds.
Die groep het bioloë en gemeenskapsontwikkelaars van regoor die wêreld ontvang en meer as 30 bewaarders het deelgeneem. Die kursusse het geïntegreerde vee- en roofdierbestuur en bewaringsbiologie vir cheetahs gedek en deelnemers van Botswana, Niger, Iran en Kenia het hulself verryk.
Hulle het hul teorie in die praktyk toepas tydens 'n besoek aan die ≠Khoadi //Hoas gemeenskaplike bewaringsgebied. Hier het hulle meer geleer van die konflik tussen boere en jagluiperds en beoog om dié verhouding te verbeter om die roofdiere en boere te bevoordeel.
Die CCF sal oor die volgende drie jaar nog vyf kursusse van dié aard aanbied. Sowat 120 gemeenskapsontwikkelaars en landboubeamptes sal ook twee keer per jaar opleiding kan ontvang.
3 Oktober 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24