|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die herstrukturering van die KWV se kommersiële bedrywighede duur voort. In die jongste transaksie het dié Paarlse wynmaatskappy sy aandeelhouding van 87,5 % in sy Duitse filiaal Eggers & Franke aan Racke GmbH, 'n ander Duitse vennoot, verkoop.
Die KWV het die aandeel teen R83 miljoen verkoop. Die wins van R50 miljoen wat daaruit voortvloei, sal vir eers gebank word totdat winsgewender maniere gevind is om dit te belê.
Die nuwe onderneming sal in Bremen, Duitsland, gesetel wees en bekend staan as Racke/Eggers & Franke. KWV sal 'n alliansie met Racke/Eggers & Franke vorm vir die verspreiding van sy KWV-, Laborie- en Golden Kaan-handelsmerke.
Mnr. Danie de Wet, voorsitter van die KWV, sê die besluit om die KWV se aandeel in Eggers & Franke te verkoop, was nie 'n skielike besluit nie. Onderhandelinge oor die beste manier om die KWV se produkte in Duitsland te bemark, het reeds in 2005 begin. "Die nuwe maatskappy is die doeltreffendste en grootste verspreider van wyn in Duitsland en daar sal na die KWV se wynbelange omgesien word of ons die maatskappy besit of nie."
Uit Landbouweekblad, 8 Februarie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24