Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Lamsvleis-nog-nie-r100kg

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Lamsvleis (nog) nie R100/kg

 
THEUNS BOTHA

Hoewel die voorspelling nog nie bewaarheid is dat lamstjops teen Desember vir 'n yslike R100/kg gaan verkoop nie, kan dit teen Kersfees oor minder as 'n week wel baie naby aan dié vlak kom.

Navrae by Woolworths in Port Elizabeth het getoon dat die prys van lende-lamskotelette teen 11 Desember reeds R87,99/kg was. Braaitjops en lamsboud is teen R69,99/kg aangebied, terwyl die prys van bees lendeskyf ("sirlion") tot R82,99/kg gestyg het.

Mnr. Anton Olivier, voorsitter van die Oos-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), sê hy twyfel of die vlak van R100/kg vir sekere lamsnitte inderdaad behaal gaan word. "Aan die ander kant het die prys van vrugte en groente skerp gestyg en is druiwe verlede week by Shoprite op Cradock teen R131/kg aangebied."

Olivier meen as pryse van rooivleis verder sou styg, daar beslis 'n verbruikersweerstand sal intree. Die prys van speenkalwers het reeds beduidend verswak, waarskynlik weens die hoë graanpryse wat voerkrale betaal. "Toe Shoprite in September die prys van lamsvleis met 'n rand goedkoper as die koopprys verlaag het, het hul verkope van opgeskiet van 1 500 lammers tot 7 500 lammers per week. Dit is 'n duidelike teken dat verbruikers nie bereid is om enige prys te betaal nie."

Olivier bestempel die huidige vleispryse as gesond, gegewe die moeilike tye waarin ál meer verbruikers hulle met duurder brandstof, stygende rentekoerse en ander kossoorte bevind.

Die groothandelprys vir A-graad beesvleis (veldtipes) was op 11 Desember gemiddeld R21/kg en R22,50/kg vir voerkraalvleis. B-graad is teen tot R20/kg verkoop en C-graad het R17,50/kg tot R18/kg behaal. Lamsvleis is teen R34/kg verkoop en skaapvleis teen R25/kg. Dié pryse sluit nie BTW in nie.

Mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die RPO, sê rooivleispryse het 'n hoogtepunt bereik. Hoewel die prys van skaapvleis nog mag hou, kan beespryse weens verskeie faktore, volgende jaar begin daal.

Volgens Schutte het die prys van lamsvleis in November op 'n jaar tot jaar grondslag net met 5,7% gestyg terwyl A-grade beesvleis net 1,9% hoër was as 'n jaar gelede. "Mieliepryse het egter in die ooreenstemmende tyd met 49% en brandstof met 20% gestyg."

Hy sê 'n onafhanklike studie wat vir die RPO deur die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat gedoen is, het getoon dat die gaping tussen die produsente- en verbruikersprys oor die afgelope jaar aansienlik vergroot het. "Boere moet dus nie die skuld vir die huidige hoë pryse gegee word nie," het Schutte gesê.

Landbouweekblad, 21 Desember 2007

0
 
 
  • 1569 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gewigsverlies van lammers in voerkraal
  • Bestryding van riete
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction