|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Bewerings van 'n grootskaalse gekonkel by die Land Bank wat senior bestuur betrek, word in dokumente vervat wat in Landbouweekblad se besit is.
Dit behels onder meer senior beamptes in die bank wat lenings toegestaan het aan maatskappye waar hulle self regstreekse belange het, asook die oprigting van skyn bemagtigingsmaatskappye om geld vanaf Land Bank te kan bekom.
In die dokumente word onder meer genoem dat finansiering toegestaan is vir projekte wat nie regstreeks met die landbou verwant hou nie en dat dit buite die bank se mandaat is.
Bewerings sluit in growwe geldelike wanbestuur, algemene onderduimsheid, intimidasie en 'n net van bedrog en sameswering waarin die private en openbare sektor vasgevang is. Skriftelike en ander bewysstukke is glo deur die loop van die jaar aan die ondersoekspan van Deloittes beskikbaar gestel wat die forensiese ondersoek na beweerde geldelike wanbestuur in die Land Bank behartig het. Dit is onseker of dié aantygings ook in die ondersoek ingesluit is. Bewysstukke is verder nie-amptelik aan die Parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), ingedien.
Na bewering is die klagtes al 'n geruime tyd lank aan die Land Bank se bestuur en in me. Lulu Xingwana, Minister van Landbou en Grondsake, se kantoor bekend.
Landbouweekblad, 2 November 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24