|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Net minder as die helfte van Suid-Afrikaanse boere se skuld van sowat R33 miljard aan die Land Bank sal waarskynlik ingevorder kan word, sê die Departement van Landbou en die Tesourie.
Dié syfer is op die bespreking van die wysigings aan die Wet op die Bestuur van Landbouskuld (wat herroep word) in die Parlement bekend gemaak.
Volgens die departement moet altesame 2 098 boere nog hul skuld afbetaal. In 1998 was die uitstaande skuld R1,1 miljard en meer as 9 600 boere het destyds geld geskuld.
Die Land Bank, sedert 1997 die enigste staatsverwante instelling wat lenings aan boere toestaan, het R687 miljoen in sy skuldrekening, waarvan R250 miljoen vir die mikroleningskema vir landboukrediet (Mafisa) sal gaan.
Komiteelede is bekommerd oor wat met die boere se plase sal gebeur as hulle nie hul skuld kan vereffen nie. Me. Bongi Ntuli, ANC-LP, wou weet hoe boere se plase in dié proses beskerm kan word.
Mnr. Ruben Mohlaloga, voorsitter van die komitee, het bygevoeg dat sommige boere nie geld het om die lenings terug te betaal nie en dat daar ook diegene is wat gesterf het.
Mnr. Tommie Marais, finansiële hoof van die departement, sê die rentekoers op die lenings was 8%, maar 14% vir diegene wat nie hul skuld betaal nie. Hy het bygevoeg dat hulle op sekere plase verbande het en in sommige gevalle dan die grond sal moet verkoop om die geld terug te kry.
Hy het egter bygevoeg dat hulle probeer om die situasie so menslik moontlik te hanteer en alle ander uitweë eers probeer voor hulle so 'n drastiese stap doen. Ander maniere is om die geld af te skryf.
3 Maart 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24