|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Verandering is grootste faktor wat die landbou van vandag dryf. "Ons grootste uitdaging is om aan te pas by hierdie veranderende omgewing," het prof. Herman van Schalkwyk, dekaan van die fakulteit natuur en landbouwetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), tydens die onlangse viering van die fakulteit se 50ste bestaansjaar gesê.
Volgens Van Schalkwyk is die belangrikste veranderinge die magsverhoudinge in die waardeketting, die eise van verbruikers, nuwe produkte en tegnologie in die landbou, aksies van die Regering en ontwikkelinge in buurlande.
"Daar is tans min onderlinge samewerking tussen kleinskaalse boere, dié boere en kommersiële boere en boere en verwerkers. Daar is ook lae vlakke van verwerking, lae vlakke van waardetoevoeging en 'n tekort aan kreatiewe denke in die landbou," het hy gesê.
Mnr. Sugar Ramakarane, hoof van die Vrystaatse departement van landbou, sê dat die UV 'n belangrike rol speel om transformasie in die landbou in die provinsie te bewerkstellig.
Hy het 'n beroep op die universiteit gedoen om die Regering te help met die oordrag van vaardighede en die ontwikkeling van opkomende boere. Een voorbeeld daarvan is die ontwikkeling van mentorskapprogramme.
Lees die volledige artikel in Landbouweekblad se uitgawe van 12 Desember 2008.
11 Desember 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24