|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Dit is van die grootste belang dat Suid-Afrika die momentum en positiewe aansporings moet volhou wat lewe in landbou oor die afgelope twee jaar geblaas het, luidens die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) se verslag wat pas in Pretoria bekend gemaak is.
Dié gesaghebbende verslag oor die landbou, tot 2014, wat deur die Universiteite van Pretoria, Stellenbosch, die departement van landbou in die Wes-Kaap en verskeie ander medewerkers saamgestel is, sê landbou betree 'n nuwe era met kommoditeitsmarkte wat op 'n nuwe vlak verhandel.
Strukturele veranderinge is teweeg gebring deur die vervaardiging van bio-brandstof, hoë olie- en insetkoste, sowel as 'n groter vraag na voedsel weens sterk ekonomiese groei wêreldwyd.
Na verwagting gaan voedselpryse steeds styg, maar teen 'n afnemende tempo (onder 10%) oor die volgende twee jaar.
Hoë kommoditeiteitspryse het nie net aanvanklike hoë winste en nou hoër insetkoste in die landbou gebring nie, maar het ook voedselsekuriteit in in baie ontwikkelende lande, veral in Sub-Sahara, nadelig beïnvloed. Suid-Afrika, soos die res van die wêreld, moet meer en bekostigbare voedsel produseer.
5 Junie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24