|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die Christen-demokratiese Alliansie (CDA) het 'n beroep op die Regering gedoen om maatreëls soortgelyk as dit wat oorsee algemene praktyk is, te oorweeg sodat die plaaslike landbousektor die salarisse en werkomstandighede van plaaswerkers kan verbeter.
Dit kom na aanleiding van die aankondiging van die Regering dat die minimumloon vir plaaswerkers met 13% styg.
Mnr. Louis Green, CDA-LP en landbouwoordvoerder vir die CDA, sê die party is ten gunste van die loonverhoging en die verbetering van woonomstandighede van plaaswerkers, maar sou baie minder skepties gewees het as die landbousektor nie as die Regering se stiefkind gehanteer is nie.
"Selfs in die ANC se verkiesingsmanifes blyk die onkunde oor die Regering se begrip van wat dit verg om onder marginale landboutoestande te boer, veral waar 'n land sy voedselsekuriteit moet koester."
Hy sê eerder as om die landbou te ondersteun, blyk dit asof die Regering meen die landbou kan verder getap word om regeringsverantwoordelikhede soos huisvesting, dienslewering en werksgeleenthede op die landbousektor af te skuif.
Die party meen die maatreëls, soos dié vir boere in die buiteland, moet egter nie van só 'n aard wees dat dit onmoontlike druk plaas op nuwe boere wat die bedryf deur die grondhervormingsproses toetree nie.
16 Februarie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24