Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Landbou-verwelkom-stap-oor-zuma

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Landbou verwelkom stap oor Zuma

 
NICO VAN BURICK

Leiers in die landbou het pres. Thabo Mbeki se afdanking van mnr. Jacob Zuma as die land se visepresident verwelkom as "goed vir landbou en die hele ekonomie".

Dié stap is beskryf as dat dit buitelandse vertroue inboesem, 'n sterk standpunt teen korrupsie is en wys die president is ernstig oor goeie regering.

Mnr. Lourie Bosman, voorsitter van Agri SA, sê daar was in die laaste tyd 'n paar goeie seine wat buitelandse vertroue inboesem. "Dit wys die Regering neem standpunt in vír demokrasie en téén korrupsie." Hy sê eers het die regbank in die uitspraak oor die Modderklip-saak getoon dat hy die beginsels van eiendomsreg in die Grondwet sal beskerm. "Daarna het die president sterk standpunt ter wille van demokrasie en die uitwissing van korrupsie ingeneem."

Hy sê ongelukkig het die dreigemente van grondonteiening die afgelope tyd ook 'n skaduwee gewerp oor die gunstige gebeure.

Mnr. Paul van der Walt, voorsitter van die TLU SA, sê Mbeki se optrede is prysenswaardig aangesien hy bekommerd was dat Zuma bloot beskerm sou word. "As die president ernstig is om korrupsie uit te roei, moet hy dit nou verder voer en optree teen diegene in die parlement wat na bewering by die reisskandaal betrokke is. Dit sal die boodskap versterk dat hy ernstig is om nie misdaad te duld nie."

Mnr. Bully Botma, voorsitter van Graan SA, sê hy is opgewonde oor Mbeki se sterk standpunt oor goeie regering. "Hy het gewys dat dié beginsel nie onderhandelbaar is nie en dat hy misdaad wil bestry."

Dr. Tobias Doyer, uitvoerende direkteur van die Landboubesigheidskamer, meen Mbeki se optrede is baie gunstig vir sakevertroue en Suid-Afrika se beeld in die buiteland. Hy sê dit is verblydend dat die president genoeg vertroue in die ANC-alliansie gehad het om dié stap te doen "en die aanhangers van 'n vryemarkfilosofie het die toets deurstaan".

Volgens Bosman was dit juis die kommersiële landbouwerkgroep se oogmerk om in sy gesprek met die president verlede week klem te lê op die manier waarop die landbou met die res van die land se ekonomie geïntegreer is. Die plan was om te fokus op 'n makro-ekonomiese voorlegging om aan die president te toon dat die landbou 'n krisis in die gesig staar weens lae kommoditeitspryse en swak mededingendheid.

Hy sê in sulke toestande is voorrangsake, soos swart ekonomiese bemagtiging in die landbou en grondhervorming, moeilik haalbaar en daar sou klem gelê word op oplossings, soos etanol se rol om die graanmark uit te brei en groter mededingendheid.

24 Junie 2005

0
 
 
  • 1758 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gilde red Karasberge se koedoes
  • Boere nou betyds oor brande ingelig
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction