Stuur jou foto’s in vir landbou.com se fotokompetisie. Die wenfoto’s sal op die voorblaaie van Landbouweekblad en Farming SA verskyn.
- Enigiemand mag aan die kompetisie deelneem.
- Stuur jou foto’s na foto@landbou.com of laai dit self op die webwerf.
- Inskrywings word beperk tot 10 per persoon.
- Foto’s moet A4-grootte, portret-formaat en 300 dpi wees.
- Die foto’s se onderwerp moet landbouverwant wees.
- Die wenfoto’s sal deur die redakteurs van Landbouweekblad en Farming SA gekies word.
- Die wenners sal na 15 Maart aangekondig word.
- Die wenners se foto’s sal op die voorblaaie van Landbouweekblad en Farming SA, en op landbou.com, gepubliseer word.
- Die beslissing van die beoordelaars is finaal, en geen korrespondensie sal oor die kompetisie gevoer word nie.
- Die kompetisie eindig op 15 Maart.
17 Februarie 2010