|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die landboukolleges in Suid-Afrika gaan voortaan onder die Departement van Onderwys se verantwoordelikheid geplaas word.
Me. Thoko Didiza, Minister van Landbou en Grondsake, het in die Parlement bekend gemaak dat die kolleges ook as sentrums vir uitnemendheid ontwikkel gaan word waar opkomende boere kort opleidingskursusse sal kan bywoon.
Didiza het gereageer op 'n vraag van me. Bongi Ntuli, 'n ANC-LP, wat wou weet wat van dié kolleges gaan word in die lig van hul herstrukturering.
"Ons gaan hulle beslis behou, want dit is belangrike instellings in Suid-Afrika. Die Departement van Landbou en die Departement van Onderwys sal 'n taakspan saamstel om te kyk na modaliteite en vasstelling van 'n kurrikulum om die kolleges as plekke van uitnemendheid te ontwikkel," het Didiza gesê.
Sy het die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding: Elsenburg uitgesonder as 'n voorbeeld van hoe dié instansies met praktiese inligting opkomende boere kan help.
Mnr. Maans Nel van die DA het beaam dat die landbou opgeleide mense dringend nodig het en dat die departement voldoende bydrae moet hê in die kolleges.
Op 'n vraag oor die opleidingstaal by die kolleges het Didiza gesê Suid-Afrika het elf amptelike tale. "Ons sal nie in staat wees om ál elf tale in 'n klas te gebruik nie, daarom sal die verkose taal in alle leerders se behoeftes moet voorsien."
Die Departement van Landbou wil in sy volgende boekjaar sowat 4 000 opkomende boere by die Landboukollege Grootfontein oplei.
11 November 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24