|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Boere wat al as nasionale boer van die jaar bekroon is, word versoek om met Landbouskrywers SA kontak te maak met die oog op die vereniging se dertigjarige vieringe oor 'n maand.
Dit geld ook vir landboukundiges wat die vereniging se hoogste nasionale toekenning ontvang het.
'n Dinee word op 8 November en 'n simposium op 9 November in Boksburg gehou, gevolg deur die aanwys van 2007 se nasionale boer, landboukundige en opkomende boer van die jaar dieselfde aand deur Landbouskrywers SA, Old Mutual en Mutual&Federal.
Die toekennings is die eerste keer in 1977 gedoen toe die vereniging, toe nog bekend as die Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika, in Pretoria gestig is. Enkele van die nasionale wenners leef nie meer nie, maar die volledige lys wenners (met die plekke waar hulle ten tye van die toekennings gewoon het in hakies), word nietemin hier verskaf in die volgorde waarin hulle gewen het.
Boere: Maarten Daling (Settlers), Hendrik van Zyl (Setlagoli), Gilbert Biggs (Jansenville), Jacob de Villiers (Malalane), Gerard Braak (Bronkhorstspruit), Anthony Evans (Viljoenskroon), Tobie Meyer (Humansdorp), Bertie van Zyl (Mooketsi), Andries Pienaar (Colesberg), Freddie Kirsten (Paarl), Jan Linde du Toit (Ceres), Ivor Karan (Heidelberg, Gauteng), Willie van Aarde (Paul Roux), Robert Zulch (Ceres), Kallie Schoeman (Delmas), Dries Bruwer (Letsitele), Gerdie Landman (Tsitsikamma), Ben van Greunen (George), dr. Paul Cluver (Grabouw), Lourens Jonker (Paarl), Kosie Loubser (Philadelphia), Peter Penz (Darling), Fred Visser (Hluhluwe), Saag Jonker (Oudtshoorn), dr. Kobus Hendriks (Heilbron), Charl Senekal (Mkuze), Eddie Prinsloo (Smithfield), Gert Pretorius (Lichtenburg), Casper Badenhorst (Hluhluwe) en Louis de Kock (Barkly-Wes).
Landboukundiges: Japie Bruwer (Pretoria), prof. Eddie Laubscher (Stellenbosch), dr. F.J. Veldman (Pretoria), Frans Hugo (Pretoria), prof. R. de V. Pienaar (Stellenbosch), prof. Daan Strydom (Stellenbosch), prof. Alan Bennie (Bloemfontein), dr. Ronnie van der Merwe (Fraserburg), dr. John Moll (Nelspruit), dr. Raymond Naudé (Irene), dr. P. Lambrecht (Nelspruit), dr. Baltus Erasmus (Pretoria), prof. Jan Kotzé (Pretoria), dr. P.G. Marais (Grootfontein), dr. Ansie Dippenaar (Pretoria), prof. Eckhardt Kassier (Stellenbosch), dr. Hym Ebedes (Pretoria), dr. Ben Strydom (Pretoria), dr. Tom Drinkwater (Potchefstroom), dr. Fanie Kellerman (Onderstepoort), prof. Gert Erasmus (Bloemfontein), dr. Bart Lombard (Stellenbosch), dr. Jos de Kock (Pretoria), dr. Klaus Pakendorf (Potchefstroom), dr. Hettie Schönfeldt (Pretoria), prof. H.O. de Waal (Bloemfontein), dr. Heins Meissner (Pretoria), dr. Johann Kirsten (Pretoria), Kobus Lindeque (Johannesburg) en Andrew Makenete (Johannesburg).
Hulle of mense wat hul ken (of geken het) word versoek om Charl van Rooyen by sel 072 874 3222 te skakel of hul kontakbesonderhede te stuur na e-pos: cvanrooy@landbou.com
3 Oktober 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24