26 Oktober 2012

2257 keer gelees | 1 kommentaar

Die manne en vroue van Boer soek ’n Vrou leer mekaar ál beter ken met die boere wat die dames in Donderdag se episode op ’n uitstappie geneem het.


Die manne en vroue van Boer soek ’n Vrou leer mekaar ál beter ken met die boere wat die dames in Donderdag se episode op ’n uitstappie geneem het. 

Elke boer moes die vyf meisies wat hy verlede week ná blitsafsprake van vyf minute gekies het, op ’n prettige uitstappie en ‘n ete daarna trakteer.
 
Met heelwat meer tyd saam met die boere, het die meisies in dié episode die geleentheid gekry om hul menings oor verhoudings te lug, oor die liefde te filosofeer en ’n beter idee te kry waarvan die boere in’n meisie hou.
 
Die aktiwiteite vir die groepafsprake het gewissel van ’n aksiebelaaide dag op die ysskaatsbaan vir André en sy meisies, ’n behoorlike oefensessie met rotsklim as die uitdaging vir Jasper en sy meisies tot ’n afspraak wat kook en kuns gekombineer het vir Naas en sy metgeselle.
 
Die dames wat saam met Herman op ’n uitstappie was, moes hul mik ken toe hulle geprobeer het om met kunsaas te hengel. Louis moes sy storie ken toe hy saam met die meisies gaan borde verf het.
 
Die boere moes aan die einde van die episodes ’n groot keuse maak – een meisie moes huis toe en daar was ook ’n groot verrassing. Die vier vroue wat oorbly, gaan saam met die boer na sy plaas om mekaar nóg beter te leer ken.
 
Volg die nuutste reeks van Boer soek ’n Vrou om 20:00 op kykNet.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Andries Burger

2012/11/12 09:33:44 PM

wat is elke se van want ek dink sy is ' N baie mooi meisie en sal haar graag wil leerken sy kan my kry onder my naam op facebook.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights