Deur LUCILLE BOTHA
11 April 2012

1187 keer gelees | 6 kommentaar

Die tyd loop nou vinnig uit vir alleenloperboere wat vir die vyfde reeks van die gewilde Boer soek ’n Vrou-televisiereeks wil inskryf.


Die tyd loop nou vinnig uit vir alleenloperboere wat vir die vyfde reeks van die gewilde Boer soek ’n Vrou-televisiereeks wil inskryf.

Alle boere wat ’n kans wil hê om liefde en geluk te vind, moet voor of op 13 April inskryf. As jy dus heeltyd gewik en weeg het of jy moet inskryf, is die antwoord: Ja! Nie net kan jy die vrou of man van jou drome ontmoet nie, maar jy gaan ook nuwe vriende maak, van ander boere se bedrywe leer en boonop in ’n televisiester ontpop.

Die vorige reekse van Boer soek ‘n Vrou was uiters gewild en vir ‘n hele paar boere het die trouklokkies gelui ná hulle deur die program ‘n vrou gevind het.

Die gewilde sepiester Angelique Gerber sal vanjaar weer die program aanbied.
Anders as wat die naam aandui, is dit nie net vir mans bedoel nie. Vroueboere is ook welkom om in te skryf. Jy moet ouer as 21, ongetroud wees en op ’n plaas woon en werk.  

Die vyfde reeks het reeds ’n groot aantal boere gelok, so moenie die kans op die ervaring van ’n leeftyd deur jou vingers laat glip nie. 

Aangesien dit nou reeds te laat is om ’n inskryfvorm te pos, kan voornemende deelnemers sommer regstreeks inskryf deur op die skakel te klik. Rig navrae aan Hannahmi van Waterfront Television by 072 531 0797.

11 April 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/18 11:01:35 AM

Elma was die beste aanbieder ooit vir die program. Angelique is meer n flirt karakter en dit val nie in baie meisies se smaak nie. Boer soek n vrou is nie meer so opwidend soos was dit eers was nie. Hoekom nie n soort gelyke program begin nie, Soos SA Singles of Enkel lopende ma's en pa's nie?


Onbekende besoeker

2012/04/25 04:31:40 PM

eks is 'n swart boer van namibie will graag vr boer soek 'n vrou inskrywe sal asb boer soek 'n namibie toe bring julle gaan nie spytwees dit is die moeite werd, of kan 'n buitelander ook inskrywe.


Corrie Taljaard

2012/04/19 01:59:55 PM

ek hoop regtig dat daar bietjie meer ouer boere gaan inskryf en dat hulle eerlik en opreg is en nie net vir die glamour dit doen nie


Onbekende besoeker

2012/04/18 08:26:20 PM

waneer begin die aansoeke vir die meisies om n boer e vind wil dit nie die jaar mis nie


Laminda

2012/06/15 07:48:25 PM

Eke het seker te laat wakker gskrik eke sou regtig wou deel neem aaan hierdie boer soek n vrou!! Wens almal wat wel gekwalifiseer het en ni gslaap het soos eke ni baja geluk en hope liefde en seeninge tu en als van die beste vir almal!! Gniet!!!xxx


prudence

2013/04/29 05:09:32 PM

Angelique jy is die beste aanbieder vir die program boer soek n vrou!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights