Deur LUCILLE BOTHA
19 Junie 2012

3545 keer gelees | 7 kommentaar

Jasper (31) het vroeër as ingenieur gewerk, maar die Noord-Kaapse plaaslewe het hom teruggeroep na die landbou.


Nou soek hy ’n spontane vrou wat by sy omgewing kan aanpas en lief is vir diere en die natuur.

Jy boer nogal in ’n afgeleë omgewing. Jy ontmoet seker nie baie nuwe mense nie.  Is dit hoekom jy vir Boer soek ’n Vrou ingeskryf het?

Dit is een van die redes. Vroeër jare het die meeste boere in die omgewing getrou met die nuwe onderwyseresse wat op nabygeleë dorpe kom skoolhou het. Nou kom daar nie meer so baie nuwe onderwyseresse nie, en dié wat wel kom, word vinnig opgeraap.

Ek moet dus eintlik in die Kaap gaan “jag”. Ek dink Boer soek ’n Vrou is ’n goeie geleentheid om meisies te ontmoet.
 
Jy is ’n gekwalifiseerde ingenieur, tog het jy gekies om terug te gaan plaas toe. Hoekom?

My hart is op die plaas, dit was al eintlik so van voor skool af. Ek het ná skool op Stellenbosch gaan swot en het eintlik nie geweet wat ek wil doen nie. Ek was ook nie by een van die beroepsvoorligters nie. 

Ek het nog altyd gehou van liggies en kragdraadjies, en het toe gehoor van elektriese ingenieurswese en dat hulle nogal geld maak. Dit was die groot aantrekkingskrag. Ek het van die eerste dag af geweet ek sal terugkom plaas toe.

Ek het eers ’n paar maande in die Kaap gaan werk, toe in London en in Europa getoer en daarna weer in die Kaap gaan werk. Vier jaar gelede was ons besigheid só dat ek kon terugkom plaas toe en saam met my pa kon boer – op verskillende plase. Ek was nog nooit spyt nie. Ek het nog altyd geweet dit is waar ek wil wees.

Hoe sien jy die toekoms van die landbou in jou omgewing?

Ek is positief daaroor, seker omdat ek nog ’n jong man is. Party manne sê daar is beter dele in die land om in te boer, omdat die reënval beter is. Maar ek weet ook die gras lyk baie keer groener aan die ander kant van die draad. Al is ons reënval marginaal, is dié wêreld eintlik uniek. Dit is ’n gesonde wêreld en die diere vaar goed. Ons streek is ook geseënd om een van die laagste misdaadsyfers in die land te hê.

Dink jy ’n vrou kan maklik aanpas op die plaas?

As haar ingesteldheid reg is, sal sy maklik aanpas. My vrou hoef nie net ’n huisvrou te wees nie. Dit sal welkom en lekker wees as sy aan die boerdery deelneem en saam met my droom en planne maak. Sy kan ook haar eie onderneming, soos ’n gastehuis, bedryf. Hier is baie Gautengers wat ons rus en stilte kom opsoek.

Ek sien jy hou daarvan om oorsee te reis. Wat is jou gunsteling-bestemming?
Ek was bevoorreg om al in Israel te wees en ek sal bitter graag weer wil teruggaan. Ons was ’n groepie Afrikaanse mense wat op ’n geestelike verrykingstoer was. Ek sal graag eendag my vrou en kinders soontoe wil neem. In Europa sal ek Frankryk en Switserland uitsonder as twee lande wat vir my uitgestaan het en wat ek graag weer wil besoek.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Laminda

2012/06/19 05:51:05 PM

Wens jou alle sterkte toe vir hierdie boer soek n vrou!! Hoop jy ontmut die een!! As jy biekie oure was sou kon eke jou n goooie vrou wat baja liefde het kon wys!!


Sunna

2012/10/15 07:22:31 PM

hi, ek is 'n onderwyseres, indien jy sou belangstel. Is daar poste beskikbaar, dalk kan jy my opraap voordat al die ander boere dit doen...


Michellèe

2012/10/26 12:46:23 PM

Hi Jasper, jissie jy is een fantastiese mens, die bietjie wat ek al op televisie gesien het. Ek's mal oor jou! Sterkte met die vrou soek, ek hoop dat jy die regte een sal kry wat jou mooi sal op pas soos jy haar sal op pas... ;-) Groete Michellèe


Trevor

2012/11/12 08:42:12 AM

Hello Jasper , voorspoed met jou vrou soek projek . Moet jy nie nou al begin nog plase koop vir al die kinders wat kom ? Ek sal jou daarmee kan help , met die kinders ook .


Maxie Nortje

2012/11/16 02:17:22 PM

Jy is voorwaar gelukkig in die mooiste deel van die Weskus. Ons was twee jaar gelede daar en dit was hopeloos te kort tuis by die Hondehokke Chalets. Ek dink jy is stunning en glo jy gaan die vrou van jou drome kry


Lee-Anne

2012/11/16 05:15:03 PM

Voorspoed met die soek tog! Ek wens jou alle geluk toe! Jy het voorwaar my respek deur net die grote kans wat jy geneem het om jouself so bloot te stel. Mag God jou seen met due liefde waarns jy verlang.


susan

2013/01/04 02:15:29 AM

Hi Jasper! Het jy al SEKERHEID?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights