Deur CORLI VAN DER MERWE
12 September 2012

2317 keer gelees | 5 kommentaar

Landbouweekblad se nuwe kostydskrif, Boerekos, verkoop soos soetkoek en lesers is baie opgewonde oor dié nuwe produk.


Aanhangers van Landbouweekblad se Facebook-blad kon nie uitgepraat raak oor die oulike tydskrif nie.
 
Donovan van Zyl Cordier skryf: “My vrou het al van die resepte probeer, en dit was 'n groot sukses gewees. Dankie Boerekos!”
 
Jakkie Steyn sê sy is dol daaroor! “Lekker baie resepte en ou gunstelinge! Ek bly nou in die stad en mis sommer die platteland!”
 
Die redakteur van Boerekos, me. Arina du Plessis, is vandeesweek by die Agri Megaweek by Bredasdorp waar lesers haar kan ontmoet, ‘n eksemplaar van die tydskrif kan aanskaf en sommer ‘n pasella koeksister daarmee saam kry!
 
Arina gaan ook verskeie kere op die ontbytprogram Expresso op SABC3 te siene wees waar sy van haar lekker resepte gaan voorberei.
 
Donderdag (13 September 2012) sal Arina haar heerlike speseryperskes met karamelsous en brosbrood voorberei. Op 21 September om gaan sy kykers wys hoe om 'n  heerlike, gebakte aartappel te maak en op 28 September is dit haar heerlike chakalaka-muffins se beurt! Dié insetsels sal almal tussen 06:00 en 07:00 op dié program vertoon word.
 
Landbouweekblad-lesers kan gerus inskakel vir hierdie insetsels en lekker saam met Arina kook!
 
* Boerekos is beskikbaar teen R40 by uitgesoekte takke van CNA, Pick n Pay, Shoprite Checkers, Spar en sekere kontantwinkels naby jou. Jy kan ook ’n e-pos stuur na lbw@media24.com of 021 406 4962 skakel om ‘n eksemplaar te bestel. Kyk hier na 'n kort agter-die-skerms-video oor Boerekos.

 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


johan nel

2012/09/13 09:01:47 AM

Ek het geleer ek maak my hele lewe nog roosterkoek verkeerd.


Lizette van sittert

2013/05/14 01:09:35 PM

Wil graag julle Boerekos 1 en 2 bestel. Laat weet my hoe kan ek elektronies oorbetaal. Groete Lizette


Elani Earle

2013/05/24 10:09:51 AM

Kan u nie asb die eerste uitgawe van Boerekos weer beskikbaar stel nie. U kan dit dalk as 'n e-book verkoop as daar nie meer uitgawes beskikbaar is nie. Hoor gou van u. Baie dankie.


mirabel arendse

2013/06/11 12:52:29 PM

Ek wil graag die eerste uitgawe van landbou boerekos bestel. laat weet graag waar beskikbaar is asb.


Janbez

2013/06/11 01:47:38 PM

Die eerste uitgawe is reeds uitverkoop, jammer!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights