Deur CORLI VAN DER MERWE
23 Augustus 2012

12819 keer gelees | 27 kommentaar

As daar een ding is wat Suid-Afrikaners se harte warm laat klop, dan is dit boerekos. En Landbouweekblad kén boerekos!


As daar een ding is wat talle Suid-Afrikaners se harte warm laat klop, dan is dit boerekos. En Arina du Plessis, Landbouweekblad se kosredakteur, kén boerekos – sy is immers ’n boerenooi van Prince Alfred Hamlet in die Wes-Kaap.

Arina is al jare lank die baasbrein agter resepte wat op plase en dorpe dwarsoor Suid-Afrika gekook, gebak en geniet word. Dit is die gewildheid van dié resepte wat gelei het tot die besluit om ’n spinternuwe kostydskrif, Boerekos, uit die Landbouweekblad-stal die lig te laat sien.

Dié tydskrif bevat bykans 200 van Arina se beste resepte – almal pure boerekos met hier en daar ’n moderne kinkel en ’n kortpad of twee ingeroer.

“Ek hoop ons lesers kan sien en voel dat die inhoud vir hulle geskryf is, nie om enigiemand te probeer beïndruk nie, maar om ’n praktiese, goeie kosvriend in elke leser se kombuis te wees. Dis eerlik en sonder pretensie. Dis soos ons kook in die Boerekos-toetskombuis – niks word agterna blinkgepoets of gedokter om mooier te lyk nie – dis egte, eerlike kos,” sê Arina.

Behalwe vir die resepte is daar ook talle onderhoude met boere oor die produkte wat hulle lewer. Hieronder tel onder andere Lario Moolman, ’n kruieboer van Franschhoek, Schalk du Beer, ’n sampioenboer van die Hemel-en-Aardevallei en Heinrich Lategan, ’n wynmaker van die Breederiviervallei, wat nou pesto maak en verkoop (plus ’n resep oor hoe om jou eie basiliepesto te maak!). Tussendeur gevleg is nuttige kombuiswenke wat beslis tyd, moeite en geld in jou kombuis sal spaar!

“Die onderhoude met die boere maak ’n mens van vooraf bewus van die reuse-rol wat boere in ons dag tot dag bestaan speel. Dit is boonop heerlike leesstof en baie interessant daarby,” sê Arina.

Boerekos het iets vir almal, ’n tipiese plaasbraai, kompleet met skilpadjies en roosterkoek, ’n reuse-afdeling oor vinnige aandetes wat jou genoeg ete-idees vir ’n jaar sal gee en ’n lekker padkosstorie met ’n goeie skoot nostalgie – iets waarvoor Suid-Afrikaners maar te lief is. Liplekker resepte, soos kaasgevulde hoenderborsies, frikkadelle in rooiwyn-tamatiesous, kerriesosaties met rooibostee en speseryperskes met karamelsous en brosbrood vir die soettande.

Diegene wat nog altyd gewonder het oor hoe ’n kook- en fotosessie vir ’n kookboek gedoen word, kan ook kyk na twee agter-die-skerms video’s waar Arina haar heerlike braai- en padkosresepte getoets het.

En as jou mond nou so water dat jy jouself nie kan beteuel nie, gaan soek gerus ’n kopie van Boerekos (beskikbaar vanaf die eerste week in September) teen R40 by geselekteerde CNA, Pick n Pay, Shoprite Checkers, Spar en sekere kontantwinkels naby jou. Jy kan ook ’n e-pos stuur na lbw@media24.com of 021 406 4962 skakel.

Hier is 'n agter-die-skerm-kykie na een van die fotosessies wat spesiaal deur Landbouweekblad vir Boerekos gedoen is.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Mnr. J.G.A Smit

2012/08/08 11:35:46 AM

Wil asb. die Landbou Boerekos resepteboek bestel.


corlivdm

2012/08/08 11:56:53 AM

Stuur asb 'n e-pos met u besonderhede na cornelia.vdmerwe@landbou.com. Groete, Corli van der Merwe.


Amanda

2012/08/08 12:02:33 PM

Ek kan nie wag nie, gaan beslis een koop!


Kobus de Klerk, Bredasdorp

2012/08/10 06:46:39 PM

Die beste nuus van die nuwe eeu.Ek gaan dadelik een koop!


PE Botma

2012/08/11 10:48:08 PM

Eks baie bly dit is hoogtyd nou sal daar hopelik iets intersand op tafel wees,dankie daarvoor.


Nico

2012/08/13 02:43:00 PM

Hoe kan ek die boek bestel?


corlivdm

2012/08/13 03:28:48 PM

Nico, jy kan 'n e-pos stuur na lbw@media24.com of 021 406 4962 skakel om die tydskrif te bestel. Groete, Corli.


babs de wit

2012/08/21 04:36:44 PM

Sal ook graag wil weet hoe ek die boek kan bestel dankie


corlivdm

2012/08/23 12:19:10 PM

Baba, jy kan 'n e-pos stuur na lbw@media24.com of 021 406 4962 skakel om die tydskrif te bestel. Groete, Corli.


ThomasNL

2012/08/23 12:33:00 PM

Gaan dit seker bestel en probeer in Amsterdam. Van een Nederlandse boer!


ThomasNL

2012/08/23 12:34:04 PM

Gaan dit lekker bestel en uitprobeer in Amsterdam. Ons is baie lief vir Suid-Afrika, syn taal, volk en kos!


petra jooste

2012/08/26 08:13:38 PM

kontak my asseblief om die kookboek te bestel


Dr JC Fouche

2012/08/28 05:59:19 PM

Ek wil die tydskrif bestel Is dit aanlyn beskikbaar.


Marinda Maree

2012/08/29 08:58:33 AM

Sal graag die resepte boek wil bestel. Kan u asseblief besonderhede stuur.


corlivdm

2012/08/30 11:02:41 AM

@petra en Marinda: Julle kan 'n e-pos stuur na lbw@media24.com of 021 406 4962 skakel om die tydskrif te bestel. @Dr. Fouche: Die tydskrif is slegs in papierformaat beskikbaar en kan deur bogenoemde kontakbesonderhede bestel word.


Christelle Koen

2012/09/13 08:01:34 AM

Fantastiese tydskrif. Het dit van voor tot agter verslind. Kon dit nie neersit nie. Lekker interessante inligting en visueel pragtig. Elke sent werd. Hou dit so!


Augusta mccarthy

2012/09/20 08:07:31 AM

Sal graag resepteboek wil aankoop, woonagtig in Australia sal dit moontlik wees as ek kredietkaart besionferhede gee ? Dankie


johan brand

2012/09/23 06:41:57 PM

wat is die prys van die boek en waar kan ek dit aankoop Dankie


corlivdm

2012/09/24 07:28:35 PM

@Johan Brand: Jy kan 'n e-pos stuur na lbw@media24.com of 021 406 4962 skakel om die tydskrif te bestel. Dit is ook in winkels beskikbaar.


Selma Britz

2012/10/23 12:41:56 PM

Klink na 'n fantastiese boek en ja my mond water nou behoorlik, sou die boek wil bestel is tans woonagtig in Nieu- Zealand is dit moontlik?


corlivdm

2012/10/23 01:24:17 PM

Selma, die boek is ongelukkig net plaaslik beskikbaar. Groete, Corli


S. Lombard

2012/10/26 06:01:09 PM

Wil graag Landbou Boerekos Resepteboek wil bestel.


S Van Zyl

2012/11/01 11:27:37 AM

Waar kan ek die Boerekos Resepteboek bestel?


Veronica Lubbe

2012/11/04 06:51:04 AM

Ek wil vreeslik graag die boek bestel hoe gaan ek te werk? Laat weet my asseblief. Dit lyk na baie lekker resepte.


corlivdm

2012/11/06 11:31:37 AM

Om Boerekos te bestel kan 'n e-pos gestuur word na lbw@media24.com of jy kan 021 406 4962 skakel om die tydskrif te bestel. Groete, Corli.


alta theart

2013/05/09 10:21:53 AM

Uitstekend Groot erfenis vir ons kinders. Baie dankie


susan kilian

2013/05/16 11:03:23 AM

ek wil graag al die tydslrifte oor boerekos bestel vanaf 1 ek het net die 2 de uitgawe gekoop en wil graag die eerste uitgawe ook he

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights