Deur CORLI VAN DER MERWE
1 September 2012

3108 keer gelees | 4 kommentaar

Word padlangs gereis vir vakansie, is padkos deel van die prentjie. Ons raak nostalgies oor ver ry, padkos en vakansiestyd!


Gesels ’n mens met diegene oor 25 jaar oud oor familievakansies en die lang pad, word die woord padkos baie vinig genoem.

Wie onthou dan nou nie hoe dit voel om die hele gesin in ’n (meestal beknopte, volgepakte) motor te laai en die langpad aan te durf met flesse warm koffie en ‘‘tupperware’-bakke volgepak met hardgekookte eiers, koue hoenderboudjies, frikkadelle en boerewors en ’n papperige toebroodjie of tien nie!
 
In Landbouweekblad se splinternuwe kostydskrif, Boerekos, word hulde betoon aan die dae van langpad ry saam met gesinslede wat dalk nie meer so lus is vir mekaar nie, aan langs die pad stop en die mandjies, komberse en dalk selfs ’n braaier afpak.
 
Verskeie redaksielede vertel hoe hul gesinne padkos geniet het. Theuns Botha, wat gebore is in die tyd toe mense nog met perdekarre gery het, vertel hoekom hy steeds nie ’n hardgekookte eier in die gesig kan kyk nie, Amelia Genis vertel van die stewige toebroondjies met brood wat haar ma gebak het van growwe meel wat gemaal is van koring wat op hul plaas in Namakwaland geproduseer is.
 
Hoewel hedendaagse gesinne nie altyd meer die gebruiklike papperige broodjie en hardgekookte eier inpak nie, is dit nie te sê dat ’n mens nie meer lekker padkos kry nie! In Boerekos is onder meer resepte vir boereworspasteie, geurige Chakalaka-muffins en heerlike sjokoladebruintjies.

En as jou mond nou so water dat jy jouself nie kan beteuel nie, gaan soek gerus ’n eksemplaar van Boerekos (beskikbaar vanaf die eerste week in September) teen R40 by geselekteerde CNA, Pick n Pay, Shoprite Checkers, Spar en sekere kontantwinkels naby jou. Jy kan ook e-pos stuur na lbw@media24.com of 021 406 4962 skakel.
 
Kyk hier na ’n agter-die-skerms-video van ons Padkos-fotosessie wat spesiaal vir Boerekos gemaak is.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


johan

2012/09/03 09:45:06 PM

dis noe padkos wat in onguns veral het nie, maar eenvoudig dat dit nie meer veilig is om onder 'n peperboom stil te hou nie. Meeste reisigers stop liewer by 'n Wimpy. Ons keuse is daai padstalle wat nou oral langs die pad is. Ook net die Wes Kaap hou die stilhouplekke skoon en heel.


Penn

2012/09/04 10:51:21 PM

Ek onthou die hoenderboutjies, kaastoebroodjies, konfyttoebroodjies, osstert, frikkadelle, gekookte eiers en warm fles met heerlike swart moerkoffie! Ek kan dit proe en ruik soos ek hier sit! Ook die "liquorice allsorts" en toffies wat kort-kort aangegee was. Die kar het dan ook sommer kans gekry om bietjie af te koel, neus oop en die water was heerlik yskoud wat uit die watersak kom wat voor aan die buffer van die kar gehang het. Wens mens kon dit nog doen, maar ek is bevrees dis lewensgevaarlik.


Suranda

2012/09/06 08:37:28 AM

Die onthou is eensklaps terug en die lekkerte wat uitstaan, is Sondae se treinrit. Ons het in Wynberg in die Kaap gebly en naweke Ceres toegery om by die familie te kuier. Sondae is ek en my suster, toe so 9 en 10 jaar oud, (dit was in die vroeë sewentiger jare) op Wolseley op die slaaptrein gesit. Natuurlik met ouma se blik padkos. Wat 'n heerlikheid! Ma en pa het dan vooruit huistoe gery en ons twee later die middag op Kaapstasie ingewag. Natuurlik moes alles in die blik opgeëet word. Daar was nie een oomblik van bangwees nie. Net lekkerte. Padkos word nou sommer in die motor geniet, want stilhou is taboe.


Lampies Lamprecht

2012/09/17 03:50:28 PM

Heimwee en verlange se dae. Ek onthou goed hoe ons sommer voor ons nog gery het so steel steel iets te ete gegaps het. Dit was darem goeie tye. Ons pak nog ons padkossies, ek is daarvoor verantwoordelik. Ons stop dan by n Ultra City of iets soortgelyks langs die pad en eet lekker saam te midde redelike veilige omstandighede. Ja, wat ek ook goed onthou is wanneer almal slaap in die kar en ek as bestuurder dan my eerste koffietjie sommer so in die ry geniet. Groot lekkerte!!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights