Deur GERRIT SCHAAFSMA
14 September 2012

1333 keer gelees | 0 kommentaar

As beesvleis ’n spesiale plek in jou hart het, moet jy seker maak dat jy op 24 September by die Ultimate Beef Show by die Birchwood-hotel in Johannesburg is.


Die idee vir dié vleisfees het ontstaan toe die beesvleis-kenner Steve Maresch, eienaar van The Local Grill-restaurante in Johannesburg, besef het hoe belangrik dit is dat mense beter ingelig moet word oor beesvleis.

“Suid-Afrika het van die beste beesvleis ter wêreld,” sê Maresch. “Ons moet verbruikers laat weet van hierdie wonderlike kossoort – waar om dit te koop, hoe om dit voor te berei en hoe om dit te geniet.”

Die hoogtepunt van die skou is die Ultimate Beef Challenge waar fynproewers lendeskyf van verskillende beesrasse in ’n blindeproe-sessie met mekaar gaan vergelyk.

Rooi Angus, Swart Angus, Afrikaner, Dexter, Nguni, Sussex en selfs Jersey sal geproe word. Die beoordelaars bestaan uit plaaslike en internasionale kenners, onder andere Mark Shatzker, die Kanadese skrywer van die boek Steak. Hy het drie jaar die wêreld oor gereis om die beste steak te vind.

Kyk hier na ’n onderhoud met Maresch.




Die skou sal iets vir beesvleis-liefhebbers se hele gesin bied. Op die skou is ’n groot verskeidenheid uitstallers te sien, ’n beesvleis-en-bier-proesessie word aangebied, daar is ’n verskeidenheid kosstalletjies en demonstrasie-areas, ’n meganiese bul en ’n speelgebied vir kinders.

Gaan na www.ultimatebeef.co.za vir nog inligting oor die skou.

Vir mense wat ’n liplek-lekker beesvleisgereg soek, gaan loer gerus na Arina du Plessis, Landbouweekblad se kosredakteur, sê resep vir beesvleisskenkel. Kliek hier vir die resep.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights