Jag en gewere


Dit maak nie saak waar of wat ek elke jaar jag nie, iewers probeer ek altyd om 'n springbok of twee vir my vrou plat te trek. My eie gunstelingwildsvleis is rooiribbok, maar springbok beklee definitief 'n hoë tweede plek op my lys van gunstelingwildsoorte.

2998 keer gelees | 0 kommentaar 2 Oktober 2003


Met my onlangse jagtogte in die omgewing van Cradock en in Namibië het ek dit weer gesien: Jy kan die jagters wat hul eie ammunisie laai, gou uitken. Dit is die manne wat, nadat die skoot geklap en hulle oorgehaal het vir 'n moontlike tweede skoot, eers kyk waar die doppie geval het - eers dán kyk hulle of die bok geval het.

2796 keer gelees | 0 kommentaar 18 September 2003


Springbokjagters moet altyd onthou dat swaartekrag, wind en die sleurkrag van die atmosfeer 'n invloed op die koeël in vlug uitoefen, wat met 'n toename in skootafstand kan vergroot. Hulle moet afstand tot op die naaste 50 m akkuraat kan meet, bepaal of skat — selfs vir skote tot op 350 m.

3449 keer gelees | 0 kommentaar 28 Mei 2003


Raakskiet en die regte geweer vir die verskillende soorte vlaktewild is nodig vir 'n suksesvolle jagtog. Die jagter moet weet wat sy geweer se doodmaakvermoë oor verskillende afstande is om te verseker dat hy die bok met een skoot plattrek.

3001 keer gelees | 0 kommentaar 21 Mei 2003


Lang skote bied aan die springbokjagter die grootste uitdagings. Die springbokgeweer wat reg ingestel is, is egter redelik vergewensgesind oor foute wat met die skat van afstand en die koeëlbaan oor langer afstande, sowel as die ongemaklike middelafstand, gemaak kan word.

2397 keer gelees | 0 kommentaar 14 Mei 2003


'n Geweer wat optimaal en volgens sy potensiaal ingestel is, verminder raaiwerk en is gewoonlik die verskil tussen jagters wat ná 'n dag se jag met vars lewer of 'n lekker pofadder vir aandete sorg en diegene wat maar met 'n oerbredie uit die voorraad blikkieskos tevrede moet wees.

3857 keer gelees | 0 kommentaar 10 Mei 2003


Waarom het jaggewere ná 100 jaar so bitter min verander? Dit is 'n vraag waaraan Lucas Potgieter dikwels herkou.

3980 keer gelees | 0 kommentaar 16 April 2003


Niks kom by 'n lekker lewergereg nie en dié een van 'n onbekende leser is werklik iets besonders. Probeer ook haar resep vir ingelegde soetrissies.

2478 keer gelees | 0 kommentaar 17 Januarie 2003


Ek het nie geweet vet vleis en brand-rissies kan gevaarlike gasse veroorsaak nie. Mike sê so. Nie ek nie . . .

2297 keer gelees | 0 kommentaar 19 Desember 2002


Dit is min dat 'n mens 'n geweer kan hanteer wat uniek is. Dit gee my baie plesier - veral as ek met só 'n wapen na Durban Deep se skietbaan kan ry, of selfs daarmee op 'n jagtog kan gaan om 'n bok of twee te skiet.

3154 keer gelees | 0 kommentaar 16 November 2002


Hierdie is 'n snaakse geweerstorie. Dit het begin in die jare dertig op die plaas van oom Krisjan en tant Anna tussen Memel en Verkykerskop.

2547 keer gelees | 0 kommentaar 7 September 2002


Die rede vir 'n misskoot moenie by die geweer, die teleskoop of die patroon gesoek word nie. Jy soek hom eerste by die mens agter die geweer. Eers as jy hom nie dáár kry nie, begin jy elders soek.

2400 keer gelees | 0 kommentaar 2 Augustus 2002


'n Kompakte en ligte draagbare skietstoel wat vinnig en maklik opgestel kan word, word nou in Suid-Afrika vervaardig. Dit is lig genoeg om ver gedra te kan word, en stewig genoeg om waarskynlik jare lank te hou. BEN FOURIE het dié stoel vir Landbouweekblad getoets.

4394 keer gelees | 3 kommentaar 28 Julie 2002


"Hier kom groot probleme," sê ek vir Wendie toe ek daardie opskrif in Landbouweekblad lees. Bid jou dit aan: 'n Veelek wat wildsbokke se horings met tot 20 % kan rek.

2696 keer gelees | 0 kommentaar 18 Julie 2002


By die keuse van 'n kaliber moet 'n jagter nie net na die trajek kyk nie. Die kaliber moet pas by die wild wat gejag gaan word, asook die terrein. Die jagter moet egter sy geweer se trajek ken en weet op watter afstand die geweer ingestel is.

4757 keer gelees | 0 kommentaar 30 Mei 2002

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights