Sauer-geweer. Foto verskaf
Adverteer daardie jagtoerusting wat jy nie meer wil hê nie, teen 'n klein fooi in SA Jagter.
Ná vele versoeke is besluit om ’n afdeling te skep waarin lesers hul jagtoerusting wat nie meer benodig word nie, teen ’n nominale fooi in SA Jagter kan adverteer.
Hierdie afdeling “Hardware te koop” en dit gaan só werk: Stuur ’n foto van jou geweer, handwapen, boog, herlaaitoerusting of wat ook al van toepassing is met ’n kort beskrywing. Dan plaas ons dit vir een maand teen die bedrag van R300 (BTW ingesluit) onder hierdie afdeling.
Terselfdertyd sal die advertensie ook teen ’n bykomende bedrag van R100 vir een maand op www.landbou.com verskyn. Onthou net die goedere wat te koop aangebied word, moet onder die afdeling “hardeware” geklassifiseer kan word, met ander woorde geen sportmotors, motorfietse en rekenaars nie, maar jagbakkies kan wel geadverteer word. Net tweedehandse toerusting, dus geen nuwe produkte, mag geadverteer word nie. Advertensies van handelaars sal ook nie onder hierdie afdeling aanvaar word nie.
Die betaling van die advertensie moet ontvang word voordat dit gepubliseer kan word. Om jou advertensie te plaas, skakel 012 424 6353/6361 of stuur ’n e-pos aan jacomien.oosthuizen@landbou.com of rina.hattingh@landbou.com. Adverteerders moet self die bewoording van die advertensie opstel (maksimum 25 woorde) en ’n foto van publiseerbare kwaliteit aan ons verskaf.
Voorbeeld: Jaggeweer: Sauer 200 .243 Win met 200 PMP-rondtes en Bushnell-teleskoop. Uitstekende kondisie. R20 000 (BTW ingesluit). Kontak Hennie in Pretoria 082 123 4567.
