Deur AMANDA CONRADIE
16 Maart 2012

2136 keer gelees | 5 kommentaar


4 x 250 ml bruinbroodmeel
4 x 250 ml witbroodmeel
2 sakkies kitsgis
Handvol sout
80 ml olie
250 ml karringmelk (of louwarm beesmelk)
750 ml louwarm water
 

Amanda sê dít wat op die plaas beskikbaar is, word in die brood gebruik. As sy nie karringmelk het nie, gebruik sy lou-warm beesmelk. Soms sit sy sonneblomsaad en roosmaryn by. Soms olywe.

Sy meng en knie sommer alles in ’n groot, elektriese menger. Die deeg is geskik vir vetkoek, groot plaasbrood of ronde broodjies, soos op die foto op die vorige bladsy. Daarby bedien sy plaasbotter wat hulle sélf maak en haar tuisgemaakte appelkooskonfyt.

Meng die droë bestanddele in ’n groot bak. Meng die olie, karringmelk en water en voeg by. Maak aan tot ’n deeg en knie goed tot glad en elasties. Vorm brode en laat rys hoog. Voorverhit intussen die oond tot 180 °C en bak die brode vir sowat 40 minute (baktyd sal verskil na gelang van die grootte van die brood of brode).

Klik hier om meer te lees oor Amanda en haar man, Frans, se drywende plaasrestaurant.

16 Maart 20012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Arina du Plessis - kosredakteur

2012/04/27 07:37:02 PM

In plaas van 'n handvol, probeer die resep met 15-20 ml (3-4 t) sout. Die hoeveelheid brode gaan verskil na gelang van die grootte van jou panne, maar as jy 26 cm broodpanne gebruik, sal die twee brode lewer.


Arina du Plessis - kosredakteur

2012/04/27 07:36:46 PM

In plaas van 'n handvol, probeer die resep met 15-20 ml (3-4 t) sout. Die hoeveelheid brode gaan verskil na gelang van die grootte van jou panne, maar as jy 26 cm broodpanne gebruik, sal die twee brode lewer.


Onbekende besoeker

2012/04/06 03:03:10 PM

Eil dit gaag probeer- maar hoeveel is n handvol sout? en hoeveel brode ongeveer? Dankie.Yvonne.


Miggie Pelser

2012/03/17 12:22:33 AM

Ai mense so na my hart !!! ek hou baie van die plaas restaurant :-)


Onbekende besoeker

2012/03/16 04:34:57 PM

Handvol sout?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights