deur ARINA DU PLESSIS
27 September 2012

1619 keer gelees | 1 kommentaar

Sorg altyd vir ’n sout-lekkerny of twee by ’n teepartytjie.


’n Rollade is basies ’n sout rolkoek met ’n witsous-basis – dis ietwat ingewikkeld om te maak, maar as jy al voorheen rolkoek gemaak het, behoort jy dit maklik onder die knie te kry. Souttert, quiche of skons met ’n soutsmeer is nóg gewilde idees en kan alles geruime tyd voor die geleentheid gemaak word.

Rollade
45 ml botter
60 ml koekmeel
250ml warm melk
125ml gerasperde cheddarkaas
3eiers, geskei

Vulsel
1 x 230 g gerookte ham-geur roomkaas
125ml gesnipperde, gerookte ham
1x410 g blik aspersielote, baie goed
gedreineer en fyngekap 

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n vel bakpapier met botter of olie en gebruik dit om ’n middelslag-rolkoekpan mee uit te voer sodat die kante van die papier bo die rande van die pan uitstaan. Smelt die botter in ’n kastrol en voeg die koekmeel by. Verhit, terwyl jy roer, tot die mengsel borrel. Voeg die melk geleidelik by en hou aan roer tot die mengsel glad is en begin kook. Verwyder van die hitte en roer die kaas en eiergele by. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm. Vou ’n groot lepel eierwit by die kaassous inomdie mengsel ligter te maak. Vou nou die res van die eierwit versigtig in tot net deurgewerk. Skep die mengsel in die voorbereide pan en smeer gelyk. Bak vir 12-15 minute tot opgepof en goudbruin. Haal uit die oond en keer die rollade uit op ’n skoon teedoek. Trek die bakpapier versigtig af en laat effens afkoel. Klop die roomkaas, ham en goed gedreineerde, gekapte aspersies saam tot sag en smeer oor die hele oppervlak van die rollade. Rol dit versigtig in die lengte op. Draai toe in waspapier of plastiek en bêre in die yskas tot nodig. Sny in skywe en sit voor.

Lewer 10 porsies.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Ronnie Botha

2012/10/05 09:41:43 AM

Mede kosmakers, hierdie is voorwaar 'n fantastiese resep. Ek het sommer die room en ham vervang met maalvleis, en dit deel van aand-ete gemaak met heelike groete. Dit was 'n treffer!!!! Dankie Landbouweekblad.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights