Babawortelslaai en koperpennie-slaaisous

Deur Arina du Plessis
13 Maart 2017
Koperpennieslaai is ’n ou boerekostreffer. Hier kry dit ’n moderne kinkel, maar sonder om die bekendheid te verloor.

■ Olyfolie
■ 750 g jong wortels, gehalveer
■ Seesout
■ 2 groot uie, dun gesny
■ Kookwater
■ 1 pak gemengde slaaiblare

Sous
■ 200 ml water
■ 125 ml asyn
■ 15 ml tamatiepasta
■ 7 ml mielieblom
■ 80 ml suiker
■ 60 ml olie
■ 5 ml elk worcestersous
■ 5 ml mosterdpoeier

Voorverhit die oond tot 190°C en smeer ’n bakplaat met olyfolie.

Sprei die wortels op die bakplaat uit en bedruip met ’n bietjie olyfolie. Geur liggies met seesout. Oondrooster vir ongeveer 5-7 minute, tot die wortels net begin sag word, maar nie gaar is nie.

Haal uit die oond en skep die wortels oor op ’n koue bakplaat om die kookproses stop te sit. Hou eenkant. Sit die dungesnyde ui in ’n bakkie en giet kookwater oor. Laat staan dit ook eenkant.

Verhit al die bestanddele vir die sous saam in ’n kastrol en klits liggies met ’n draadklitser terwyl die mengsel verhit word tot kookpunt. Prut die sous, terwyl jy aanhoudend roer, tot effens verdik. Laat afkoel.

Dreineer die uie en druk droog. Skep ’n laag slaaiblare op ’n dienbord of in ’n slaaibak en skep die wortels en uie bo-op. Bedruip met die slaaisous en sit dadelik voor. Lewer 8-10 porsies.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels