Deur ARINA DU PLESSIS
12 September 2012

1704 keer gelees | 0 kommentaar

Die skenkels van ’n bees is een van die geurigste snitte aan die karkas. En dit maak boonop sommer smullekker kos!


250 ml koekmeel
10 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper
1,2 kg beesvleisskenkel
60 ml olyfolie
250 ml witwyn
1 x 410 g blik gekapte tamaties
Water
2 heel knoffelbolle, geskil maar huisies heel gehou
1 liter goeie beesvleisaftreksel (of meer)
Sap van een suurlemoen
4 stingeluie, fyn gekap

Meng die meel, sout en peper op ’n bord en rol die vleis daarin. Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die vleis bruin aan albei kante. Giet die wyn bo-oor en voeg die tamaties by. Maak die tamatieblik vol water en voeg dit ook by, saam met die knoffelhuisies.

Verhit tot kookpunt en verlaag die hitte. Bedek en prut stadig oor lae hitte vir ongeveer 2-3 uur, tot die vleis baie sag is. Voeg elke nou en dan ’n bietjie beesvleisaftreksel by as die sous min word. Wanneer die vleis sag is, geur na smaak met sout en peper en druk ’n suurlemoen bo-oor uit. Sprinkel die stingeluie oor en sit voor met rys, kapokaartappels of koeskoes. Lewer ses porsies.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights