Beesvleisstowe met witlof en murgbene

Deur Arina du Plessis
10 Augustus 2017
Noudat die winter sy kloue ingeslaan het, is dit tyd vir kos wat die koue gaan verdryf.

■ 1 kg stowebeesvleis, in hapgrootte stukkies gesny
■ Sout en vars gemaalde swartpeper
■ Olyfolie, vir braai
■ 1 kg murgbene, in kort stukkies gesaag
■ 4 witlofkoppe, in die lengte in kwarte gesny
■ ’n Bossie vars tiemie, met kombuistou vasgebind
■ 500 ml goeie beesvleisaftreksel
■ 30 ml worcestersous
■ 250 ml sjerrie of ander donker soetwyn
■ 1 knoffelbol, middeldeur gesny
■ 125 ml suurroom
■ Skeut vars suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 160°C.

Geur die vleis met sout en peper en braai dit vinnig in ’n bietjie olie bruin. Skep uit in ’n oondbak en voeg die murgbene en witlof, asook tiemie by. Giet die aftreksel, worcestersous en sjerrie saam met die knoffelbol in ’n kastrol en verhit tot kookpunt. Kook vinnig vir 10 minute.

Giet oor die vleis, bedek met foelie en bak vir drie uur, of tot die vleis sag is. Giet die pansous versigtig af in ’n kastrol en verhit tot kookpunt. Kook vinnig tot dit met sowat die helfte ingedamp is. Voeg die suurroom by en geur met suurlemoensap, sout en peper.

Giet die sous weer oor die vleisgereg en verhit tot kookpunt net voor ete. Lewer 5 porsies.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels