Deur ARINA DU PLESSIS
17 Mei 2012

1612 keer gelees | 0 kommentaar


1 rol (400 g) oondgereed- skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
100 ml uiemarmelade
1 x 125 g Brie
Vars gemaalde swartpeper
Vars salie of tiemieblaartjies

Voorverhit die oond tot 200 °C en spuit ’n bakplaat liggies met kleefwerende kossproei. Sit die bakplaat in die yskas. Rol die deeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny vier dun repies teen die kante af.

Smeer die hele stuk deeg met geklitste eier en pak ’n rant reg rondom die blokdeeg met die repies. Verf dit ook met geklitste eier. Smeer die binnekant van die deeg met ’n laag uiemarmelade. Bak vir 10 minute.

Sny intussen die Brie in dun repe. Haal die tert uit die oond, pak die repe Brie eweredig oor die breedte van die tert en sit vir drie tot vier minute terug in die oond tot die Brie gesmelt is. Geur met swartpeper en sprinkel vars kruie oor. Sit dadelik voor. Lewer ses porsies.

17 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights