Deur ARINA DU PLESSIS
28 Junie 2012

1911 keer gelees | 0 kommentaar

Krokette is silindervormige, diepgebraaide happies met ’n bros krummellaag buite om.


Bobotiemaalvleis
1 ui, fyn gekap
30 ml botter
500 g maalvleis
125 ml melk
1 dik sny brood, grof gebreek
7 ml kerriepoeier
5 ml suiker
5 ml sout
3 ml borrie
30 ml blatjang
60 ml pitlose rosyne (opsioneel)
Skeut vars suurlemoensap
2 eiers, geklits
250 ml droë broodkrummels

Braai die ui in die botter tot sag en voeg die maalvleis by. Braai bruin. Terwyl die maalvleis braai, gooi die melk oor die brood en laat staan om te week. Voeg die kerriepoeier, suiker, sout en borrie by die vleis en braai tot geurig. Voeg die blatjang, brood-en-melkmengsel, rosyne en suurlemoensap by die vleismengsel en kook deur.

Laat heeltemal afkoel. Vorm die mengsel in 24 krokette en pak op ’n bakplaat. Verkoel tot net voor dit gebraai moet word. Doop elke kroket eers in geklitste eier en rol dan in krummels. Braai in vlak olie tot goudbruin, bros en deurwarm. Sit voor met bykosse van jou keuse (as ete) of met mosterdsous of tamatiesous om in te doop (as versnapering). Lewer ses porsies. 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights