Deur ARINA DU PLESSIS
28 Mei 2012

1874 keer gelees | 0 kommentaar

Dié ryk bistro-kos is geroosterde kaasbroodjies met ’n verskil – en trooskos van die boonste rak.


90 ml botter
15 ml koekmeel
190 ml volroommelk
5ml Dijon-mosterd
1 eiergeel
Knippie neutmuskaat
Sout en witpeper na smaak
12 snye witbrood
6 dik snye ham
250 ml gerasperde Gruyere-kaas

Smelt 15 ml van die botter in ’n kastrol en voeg die koekmeel by. Roer tot dit borrel en voeg die melk bietjie vir bietjie by terwyl aanhoudend geroer word. Verhit tot kookpunt en prut, terwyl jy roer, vir een minuut. Verwyder van die hitte en roer die mosterd, eiergeel en neutmuskaat by.

Geur na smaak met sout en witpeper. Laat heeltemal afkoel. Pak ses snye brood op ’n gesmeerde bakplaat. Sit ’n sny ham op elke sny, dan ’n groot lepel van die mosterdsous bo-op en sprinkel van die Gruyere op die sous.

Sit die ander snye brood bo-op. Smelt die orige botter in ’n pan en braai die broodjies daarin tot goudbruin en bros. Sny elke toebroodjie middeldeur en sit dadelik voor met ’n koue bier of ’n glas rooiwyn. Lewer ses porsies.

28 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights