Dadel-en-neutekoekbrood

Deur Arina du Plessis
3 Januarie 2017
Die koekbrood is ’n goeie alternatief vir mense wat nie hou van tradisionele vrugtekoek nie.

As jy wil, kan jy 250 ml gesnipperde glanskersies byvoeg om dit meer van ’n Kersfeesgevoel te gee.

Beslag
■ 500 ml ontpitte dadels, gekap
■ 5 ml koeksoda
■ 250 ml kookwater
■ 30 ml sagte botter
■ 2 ekstragroot eiers
■ 250 ml suiker
■ 5 ml vanieljegeursel
■ 460 ml koekmeel
■ 10 ml bakpoeier
■ 375 ml gekapte neute van jou keuse

Versiersel
■ 375 ml gesifte versiersuiker
■ 30 ml suurlemoensap
■ Paar druppels kookwater

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n redelike groot broodpan en voer uit met bakpapier.

Sit die gekapte dadels in ’n mengbak, sprinkel die koeksoda oor en giet die kookwater oor. Voeg die botter by en laat dit saam met alles smelt. Roer deur en hou eenkant.

Klits die eiers en suiker en vanieljegeursel in ’n groot mengbak. Roer die dadelmengsel by. Sif die droë bestanddele saam in ’n aparte mengbak en roer die dadelmengsel en neute by. Skep die beslag in die voorbereide pan en bak vir sowat 45-55 minute tot deurgaar.

Die koekbrood is gaar as ’n toetspen skoon uitkom as dit in die middel van die koek gesteek word. Lewer 1 groot koekbrood (12 porsies).


Kommentaar

Een kommentaar op “Dadel-en-neutekoekbrood

  1. Trudie
    Trudie

    Geniet die koek


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels