Deur ARINA DU PLESSIS
16 Augustus 2012

1664 keer gelees | 1 kommentaar

Met dié lekker, stroperige poeding kan jy amper ’n hele rugbyspan voer. Dit vra vir dik vla bo-oor.


Stroop
1,4 liter water
750 ml suiker
5ml fyn gemmer
Beslag
200g botter
45 ml gouestroop
15 ml koeksoda
250 ml warm melk
250 ml gesnipperde dadels
750 ml koekmeel
2 ml fyn gemmer

Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ’n diep oondskottel met ’n styfpassende deksel goed met botter. Verhit die bestanddele vir die stroop oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en kook vinnig vir sewe minute.

Terwyl die stroop kook, maak die beslag: Smelt die botter en gouestroop saam. Verwyder van die hitte. Los die koeksoda in die melk op en voeg dit by die bottermengsel saam met die dadels. Laat staan vir vyf minute. Meng die koekmeel en gemmer in ’n bak en voeg die dadelmengsel by.

Maak aan tot ’n stywe beslag. Giet die stroop in die oondskottel en skep lepelsvol van die beslag daarin. Maak dig toe en bak vir een uur tot gaar. Sit voor met roomys of vla. Lewer 14 porsies.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Dina Senekal

2012/08/16 10:26:40 AM

Die nagereg lyk regtig lekker. Kan julle asb vir ons die bestandele se hoeveelhede ook gee?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights