Deur ARINA DU PLESSIS
13 Junie 2012

1158 keer gelees | 3 kommentaar

Ryk gisbrode is oral in Europese bakkerye te koop en is louwarm uit die oond die heel lekkerste. Bederf jou gesin ’n slag daarmee pleks van winkelbrood.


Deeg
500 ml koekmeel
3 ml sout
25 g kitsgis
60 ml pitlose rosyne
30 ml suiker
1 eier
125 ml warm melk
60 g gesmelte botter
1 appel, geskil
Stroop
30 ml bruinsuiker
15 ml water
5 ml kaneel

Meng die meel, sout, kitsgis, rosyne en suiker. Klits die eier, warm melk en gesmelte botter saam en voeg by die droë bestanddele. Meng goed en bedek losweg. Laat rys op ’n warm plek tot dubbel in volume. Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie liggies.

Vorm die deeg in ’n ovaal vorm. Sit op ’n gesmeerde bakplaat en druk skywe appel daarin. Verf met die suikerstroop en laat rys vir 30 minute. Bak vir 40-50 minute by 190 °C tot die brood goudbruin en deurgaar is. Laat effens afkoel en sit voor met botter of drup eers ’n slap versiersel, gemaak van versiersuiker en suurlemoensap, bo-oor. Lewer ses porsies.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


sandra

2012/06/14 04:06:50 PM

Dit lyk lekker


Deidre

2012/06/21 10:21:28 AM

Dink jy Michael sal van dit hou?


Marthe v Zyl

2012/12/01 06:24:09 PM

ek is baie lief vir duitsegebak en hierdie een is tops

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights