Deur ARINA DU PLESSIS
4 Junie 2012

883 keer gelees | 0 kommentaar

As jy lus is vir vis, probeer ons vinnige resep vir die lekkerste forel met sojasous en vars gemmer op romerige kapokaartappels.


30 ml olie
2 of 3 groot forelfilette, met vel
80 ml sojasous
2 knoffelhuisies, fyngedruk
5 cm vars gemmer, fyn gerasper
30 ml heuning
2 groot handevol baba-spinasieblare
Paar stingels grasuie, gesnipper

Verhit die olie in ’n groot swaarboompan en sit die vis met die velkant na onder in die warmpan. Braai aan die een kant tot die vel bros en die vis halfgaar is, maar moenie omdraai nie. Roer intussen die sojasous, knoffel, gemmer en heuning in ’n bakkie en giet oor die vis in die pan.

Verhit tot kookpunt en laat prut die vis in die sous tot die vis liggaar en die sous klewerig is. Sit die vis op ’n bed van spinasieblare voor en giet die orige pansouse bo-oor. Sprinkel die grasuie oor en sit dadelik voor met kapokaartappels. Lewer twee of drie porsies.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights